in ,

Dis nag! Beskerm jou eie met Pro Buzz

This post is also available in: English

So seker as wat die son elke aand sak… dit is hoe seker die boerderymeenskap kan wees dat plaasaanvalle en diefstalle deel van die werklikheid is.  Volgens syfers wat deur Afriforum en TLU SA ingewin is, is dit duidelik dat voorvalle op plase die afgelope sewe jaar hand oor hand toegeneem het. Gemiddeld word daar meer plaasmoorde gepleeg as wat daar weke in die jaar is, met ander woorde, minstens een plaasmoord per week. 2018 het begin met ’n plaasaanval ELKE DAG! Daar is nie ’n streek in die land wat veilig is nie en almal weet (die diewe en moordenaars ook!) hulp gaan nie van buite af kom nie.

Veiligheid begin met die beskerming van jou eie en Pro Buzz kan jou help om van jou lammers in die veld tot jou kinders in die huis te beveilig met vroeë waarskuwingstelsels. Dit is ook ’n feit: As jy daarop ingestel is om diefstal van jou vee en goedere te keer, is jy in ’n beter posisie om aanvalle af te weer.

Pro Buzz

Pro Buzz hou jou vee dop

Pro Buzz se Fauna Track-stelsel is al vir baie jare wyd bekend en goed beproef op vele plase.  Dit werk so: Halsbande met radiosenders word om sowat 10% van jou kudde skape, beeste of bokke se nekke gehang. Die persentasie hang af van die ras, grootte van die troppe en boerderymetode.  Die radioseine word deur ’n beheerstasie op ’n hoë paal (4 – 9 meter) opgevang in ’n straal van tot 3 km of ’n gebied van 300 ha. Sodra die vee abnormaal beweeg, word ’n teksboodskap of foproep (missed call) via die toring na die boer se selfoon gestuur.  Wanneer daar met enige komponent gepeuter word, gaan die alarm ook af.

Pro Buzz hou jou plaas dop

Pro Buzz het ’n hele reeks kameras van hoë gehalte en al die kundigheid wat nodig is om veilige sones of grensgebiede te skep wat dag en nag dopgehou kan word. ’n Sekere gebied kan byvoorbeeld uitgemerk word as ’n deel waar daar geen beweging snags mag wees nie. Sodra die kamera ’n beweging gewaar, word ’n video-opname begin, waarna jy dadelik kan kyk of later. Die videogreep kan na ’n slimfoon of rekenaar in ’n beheerkamer gestuur word, met ’n alarm wat vir jou sê dis nou tyd vir reaksie! Sonder om die veiligheid van jou woning te verlaat kan jy die bedreiging identifiseer en die nodige veiligheidstrukture aktiveer.  Boere kan ook kies of hulle self die beheerkamerstelsel wil beman en of hulle van Pro Buzz se voltydse (24/7) beheerkamerdiens gebruik wil maak. Met afstandbeheer kan jy selfs die nagsigkameras laat inzoem om seker te maak of dit ’n tweebeen- of vierbeenjakkals in die skaapkraal is.

Pro Buzz hou jou voertuie en vrag dop

Dit gebeur dikwels dat plaaswagorganisasies kennis neem van verdagte voertuie in ’n omgewing en die registrasienommers deurgee na hulle lede. Pro Buzz beskik oor betroubare nommerplaatherkenningstegnologie en ’n rekenaarprogram wat jou kan waarsku of ‛n voertuig wat by jou plaashek of onderneming inry, op jou databasis aangegee is as “verdag” of selfs as gesteel. ‛n Boodskap word na jou slimfoon of rekenaar in die beheerkamer gestuur. Pro Buzz se inbelsentrum sal ook kan sê of ’n spesifieke nommerplaat of voertuig op enige wetstoepassingslys is. Jy kan ook seker maak al jou voertuie se nommerplate is ingelees en die stelsel kan jou selfs laat weet as Boetman die bakkie gaps om by die buurnooi te gaan kuier! Kaping van vragmotors en diefstal van kosbare vragte is net so ’n groot kopseer soos misdaad op plase. Met Pro Buzz se moniteringstelsels kan jy jou vragmotors se bewegings fyn dophou en jy kan gewaarsku word as die vrag uit die vragmotor gelaai word. Die stelsel fnuik ook die skelms se slim seinblokkasietegnologie (jamming).

Pro Buzz hou al jou bates dop

Pro Buzz se waarskuwing- en kommunikasiestelsels kan gebruik word vir ’n wye verskeidenheid toepassings soos voorkoming van plaasmasjineriediefstal, identifikasie van gereedskap en toerusting, brandstoftenk- en waterpompsekuriteit en die voorkoming van saad- en graandiefstal.

Kontak Pro Buzz se kundiges vir die beste voorkomende veiligheidsplan vir jou. Kontak Desmund by 082414-3242, pro_buzz@mweb.co.za of besoek www.probuzz.co.za.

Pro Buzz

Pro Buzz

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ECM: Trijicon RMR® 2 korrel raak wanneer sekondes tel

Balfour Boerevereniging maak hooimaak kinderspeletjies