Artikel verskaf
Hoër plantbevolkings lei nie altyd tot hoër opbrengste nie. Daar is die afgelope dekade baie gepraat oor plantpopulasie by sojabone en met hoër insetkoste sal dit ՚n belangrike bestuursbesluit bly.
Insetkoste het die afgelope paar jaar gestyg en om mededingend te bly, moet plantpopulasies nie geïgnoreer word nie. ՚n Boer in Suid-Afrika bestee tussen R350 en R1 300 per hektaar aan sojabooninsetkoste. Die optimale plantestand vir sojaboonproduksie is om ՚n maksimum opbrengs te verkry en om winsgewend te wees. Deur ՚n te hoë plantpopulasie te vestig, verhoog die saadkoste en dit dra nie noodwendig by tot ՚n opbrengsverhoging nie.
Verhoogde plantpopulasie sal opbrengs tot ՚n punt beïnvloed. Die opbrengs sal egter uiteindelik ՚n maksimum bereik waarby die toevoeging van meer saad niks sal doen om die opbrengs te verhoog nie.
Navorsing oor plantpopulasie is al vir baie jare aan die gang. Daar blyk min veranderinge te wees in die waarnemings oor die aantal plante per hektaar wat nodig is om opbrengs te maksimaliseer ten spyte van boere wat vandag meer van presisieboerderypraktyke gebruik maak.
Opsomming
Sojabone is ՚n belangrike proteïen- en oliesaadgewas, en die oppervlakte wat in Suid-Afrika aangeplant word, brei voortdurend uit.
Die volgende faktore moet in gedagte gehou word:
•Is ՚n algemene voorskrif (wisselende plantestand) vir sojaboonproduksie moontlik?
•Sojabone kompenseer geweldig baie.
•Plantdatum speel ՚n groot rol in Suid-Afrika waar sojabone verbou word. Daarom moet stande met later plantdatums aangepas word.
Pioneer DAT-proewe
Pioneer streef daarna om die regte variëteit op die regte grondsoort teen die regte stand in die regte gebied aan te beveel om sodoende die lewens te verryk van diegene wat produseer en verbruik, en daardeur vooruitgang te verseker vir toekomstige geslagte.
Digitale agronomiese proef (DATproef) afgelei van Digital Agronomic Trials
Wat is ՚n DAT proef en hoe werk dit?
Die evaluasie van ՚n huidige baster in verskillende grondtipes en produksiesones in dieselfde land word gedoen. Daar word terselfdertyd ook gekyk na die standreaksie van die basters oor hierdie sones.
Saam met stroperkaarte word alle inligting dan in ՚n GIS-program ingelees en interaksies word op ruimtelike vlak met mekaar vergelyk. Hierdie inligting help ons om interaksies beter te verstaan en basterplasing meer doeltreffend te doen.
Digitale grondsoortkaarte (gronddiepte en kleipersentasie) van die betrokke land waarop die proef geplant word, word gebruik.
Ons plant gewoonlik drie plant-populasies per kultivar:
Herhaal twee tot drie keer om deur soveel moontlike sones per behandeling te beweeg. Dit is baie nuttig as die boer se planter ook die plantproses digitaal vasvang, maar die naam van die behandeling (stand en kultivar word ook in die stropermonitor ingelees) en elke behandeling of baan kry sy eie naam.
՚n Stroper met satellietnavigasie word dan gebruik om die proef te stroop. Hierdie skerms in die stroper maak vir ons opbrengskaarte soos wat die stroopproses vorder. Nadat die proef gestroop is, laai ons die onverwerkte digitale data vanaf die stroper se skerm op Pioneer se ontledingsprogram.
Inspeksie word met hommeltuigvlugte oor die hele land gedoen en daar word aangeteken as daar skade aan sekere bane was byvoorbeeld vark- of muisskade, misrye, ensovoorts.
Resultate van P64T39R op 50 cm-gronddiepte en waar kleipersentasie wissel tussen 22% en 34% by Ermelo met ՚n rywydte van 91 cm

Let wel: Te lae plantpopulasies kan egter lei tot laer peulhoogte, platval van laterale takke, en hoër onkruiddruk, wat alles kan lei tot oesverliese.
Resultate van P64T39R op 50 cm-gronddiepte en waar kleipersentasie wissel tussen 22% tot 34% by Amersfoort/Perdekop met ՚n rywydte van 91 cm

Let wel: ՚n Belangrike oorweging wanneer die korrekte plantkoers gekies word, is dat sade wat per hektaar geplant word nie dieselfde sal wees as plante per hektaar nie. Nie al die saad wat geplant word, sal ontkiem of groei om plant volwassenheid te bereik nie.
Resultate van P64T39R op verskillende gronddieptes en waar kleipersentasie wissel by Amersfoort/Perdekop

Wenk: As jou plantpopulasie tussen 200 000 en 350 000 realiseer by enige rywydte en grondpotensiaal is die vermoë daar vir ՚n goeie oes in hoë- en lae-opbrengsjare. 200 000 stand het wel goed gedoen in proewe, maar dis ՚n risiko vir die boer. P64T39R se genetika kan meer bosagtig wees en beter aanpas by ՚n lae plantestand maar tog goed reageer op ՚n hoër stand ook.
Sojabone kompenseer baie goed
By laer populasies word interplantmededinging verminder en elke individuele plant het ՚n groter geleentheid om meer pitte te produseer. Navorsing het getoon dat die fotosintetiese tempo groter is en langer gehandhaaf word wat lei tot ՚n groter produksie (pitgetal) deur verminderde veroudering van ouer blare.
Sojabone kan baie goed kompenseer indien die populasie laag is. Die sojaboonplant vergroot sy struktuur (boomplant) deur meer takke te produseer wat lei tot opbrengste wat vergelykbaar is met hoër plantpopulasies.

Gevolgtrekking
Sou mens ՚n voorskrif wil skryf, is die indeling as volg:
- Vlak grond, lae kleipersentasie = populasie hoog
- Vlak grond, medium kleipersentasie = populasie medium
- Vlak grond, hoë kleipersentasie = populasie medium
- Medium grond, lae kleipersentasie = populasie laag
- Medium grond, medium kleipersentasie = populasie hoog
- Medium grond, hoë kleipersentasie = populasie laag
- Diep grond, lae kleipersentasie = populasie hoog
- Diep grond, medium kleipersentasie = populasie medium
- Diep grond, hoë kleipersentasie = populasie laag
Vir meer inligting, kontak Pioneer by info.rsa@pioneer.com.