in

Die omvang van plaasaanvalle moet internasionaal erken word

This post is also available in: English

Agri SA is ontevrede met President Cyril Ramaphosa se stelling dat daar “geen moord op boere” in Suid-Afrika plaasvind nie. Hy het dit tydens ‘n onderhoud by die Verenigde Nasies in New York gesê in reaksie op die Amerikaanse President, Donald Trump se omstrede twiet in Augustus.

“Plaasaanvalle en -moorde op alle boere, plaaswerkers en hulle gesinne is ‘n reuse probleem wat erken moet word,” sê Dan Kriek, Agri SA President.

Die minister van Polisie, Bheki Cele het vroeër vandeesmaand die jongste syfers oor dié aanvalle vrygestel. Die polisie se misdaadstatistiek toon dat 62 plaasmoorde gedurende 2017/2018 plaasgevind het. Agri SA doen ‘n beroep op President Ramaphosa as President van Suid-Afrika om die nodige nuanse en feite weer te gee.

“Die mate wat voedselprodusente en hulle werkers aan brutale aanvalle uitgelewer is kan nie weggepraat word nie. Volgens die jongste verslag van Agri SA het boere ongeveer R7,7-miljard in 2017 weens misdaad op plase verloor,” sê Kriek.

Agri SA is betrokke by verskeie gesprekke met onder andere President Ramaphosa, minister Cele, minister van Landbou, Senzeni Zokwana en internasionale rolspelers. Agri SA sal die uiterste dringendheid van plaasveiligheid in al die moontlike forums, nasionaal en internasionaal benadruk.

Lees Agri SA se jongste misdaadverslag hier:

https://www.agrisa.co.za/news/20d45c1c96bfff9133b1d9a16c0a0642

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wolmark daal

Verwagte kommersiёle mielie-oes is 2,09% minder as vorige skatting