in ,

Die Meganisasiegids sorg vir harmonie op die plaas

This post is also available in: English

’n Trekker en sy werktuig moet wees soos vinkel en koljander… die een moet pas by die ander. Koos le Roux, samesteller en uitgewer van die jaarlikse Meganisasiegids, sê die huwelik tussen kW en tand lei dikwels tot ’n morsige egskeiding, net omdat boere nie vooraf seker maak die twee is pasmaats nie.

Met die hulp van die Meganisasie-gids kan boere en handelaars seker maak hulle trekkers en toerusting bewandel ’n vreedsame lewenspad en dat die regte werktuig vir die werk gebruik word. Met die Meganisasiegids kan ’n boer vooraf sy koste per hektaar of per uur presies uitwerk en al die huiswerk doen wat nodig is om onnodige uitgawes te verhoed.

Die 29ste Meganisasiegids het pas die lig gesien en boere wat dit nog nie ken nie, is welkom om by ProAgri se stalletjie by NAMPO te kom kyk hoe dit lyk en werk.

Goeie nuus is ook dat die Megani-sasiegids se span besig is om die hele boek in elektroniese formaat te ontwikkel as ’n toepassing (app). Boere sal dus van volgende jaar af die veranderlikes op ’n rekenaar of selfoon kan invoer en so hulle meganisasiebeplanning doen.

Boere wat ernstig daaroor is om ’n totale meganisasieplan vir die plaas op te stel, sal wys wees om die wenke in die Gids te volg of om van oom Koos se konsultasiediens gebruik te maak. Dan kan alle meganiese toerusting op die plaas in harmonie saamwerk vir meer produktiewe, doeltreffende werk.

Hier is ’n paar algemene wenke waaroor boere gerus kan dink voor hulle weer hierdie jaar NAMPO stormloop met sterre in die oë:

  • Koop by ’n betroubare vervaardiger asook ’n betroubare handelaar.
  • Skaf ’n kombinasie van groottes aan om te verseker dat alle trekkerwerksaamhede op die regte tyd en veral betyds afgehandel kan word.
  • Kyk wat bepaal die waarborg van die vervaardiger/handelaar.
  • Maak seker van die beskikbaarheid van onderdele.
  • Kyk na die gelyksoortigheid of standaardisasie van trekkers en werktuie.
  • Werk die gebruikskoste van trekkers en werktuie uit.

Bestel vandag nog jou Meganisasiegids teen n skamele R330 by Koos le Roux by 082-828-9531 of koosleroux@live.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Ry teen 10 sent per kilometer!

KragDag bied weer baie blink planne