in

DIE JAARLIKSE AGRI GAUTENG EKSPO: Die bevordering van Landbou in Suid-Afrika

This post is also available in: English

Die AGRI GAUTENG EKSPO vind op 8 en 9 Augustus 2018, by Vleissentraal, Onderstepoort, Pretoria, plaas!

Toegang tot die Ekspo is daagliks van 09:00 tot 17:00. Hierdie Ekspo beoog om nie net die persepsie van boerdery in Suid-Afrika te verander nie, maar ook om jong en opkomende boere aan die bedryf bloot te stel.

Boerdery het die potensiaal van hoop. “Dit is ‘n inklusiewe sektor wat groot moontlikheid bied vir werkskepping en armoedeverligting. Hierdie Ekspo is deel van die missie van Agri Gauteng, wat die volhoubaarheid en winsgewendheid van kommersiële landbou in Suid-Afrika ontwikkel en bevorder,”  sê dr. Willem Pretorius, President van Agri Gauteng.

Dit is die rede hoekom toegang tot die Ekspo GRATIS is!

Na aanleiding van die sukses van die 2017-program, het die behoefte aan ‘n groter skougrond ontstaan. As ‘n lid van Agri Gauteng, het Vleissentraal Onderstepoort, hand opgesteek!

‘n Verwagte 12 000 besoekers word in die loop van die twee dae verwag, wat maak dat hierdie Ekspo ‘n geleentheid is wat jy nie mag misloop nie!

Aangesien die Ekspo op Vrouedag aangebied word, is dit net gepas dat WARD, Vroue in Landbou en Landelike Ontwikkeling, ‘n toegewyde en bydraende vennoot van die Ekspo is.

Ander hoogtepunte van die Ekspo sluit in:

  • Skape, bokke en vyf beesrasse sal op skou wees.
  • Uitstallings van groente en die baanbreker prosedures wat beskikbaar vir boerdery in hierdie sektor
  • Uitstallings van graan en plaagdoders
  • Uitstallings oor waterbestuur
  • Die jeugskou word daagliks deur Hoërskool Wagpos en Hoërskool Bekker aangebied
  • Besprekings oor vleis en karkasbeoordeling
  • ‘n Karkasbeoordelingskompetisie
  • Markagente – Die ideale geleentheid om diegene te ontmoet wat jou produkte beskikbaar stel op die mark!

Agri Gauteng Ekspo Facebook-bladsy: https://www.facebook.com/agrigpekspo/

Bron: Agri Gauteng

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Opel

Opel raak “Grênd” met sy nuwe Grandland X

Boere kap misdaad deur tegnologie