in

Die geskatte mielie-oes is 21% kleiner as die 2017-oes

maize

This post is also available in: English

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 13,207 miljoen ton gestel, wat 2,31% of 298 700 ton meer is as die vorige skatting van 12,909 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,319 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,70 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 21% kleiner as die 2017-oes, wat die grootste oes nog ooit was (16,820 miljoen ton). Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 82% van die 2018-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,268 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,051 miljoen ha. Die produksieskatting van witmielies is 6,880 miljoen ton, wat 2,67% of 178 700 ton meer is as die 6,701 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,43 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,327 miljoen ton, wat 1,93% of 120 000 ton meer is as die 6,207 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,02 t/ha.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 792 255 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 601 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is 1,551 miljoen ton, wat 8,42% of 120 500 ton meer is as die 1,430 miljoen ton van die vorige skatting. Dit is ook die grootste sojaboon-oes wat nόg geproduseer is in die geskiedenis van SA. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 787 200 ha en die verwagte opbrengs is 1,97 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 11,40% of 7 800 ton na 60 600 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 56 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,08 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 83 070 ton. Die oppervlakte beplant met sorghum is 28 800 ha. Die verwagte opbrengs is 2,88 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 65 610 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 53 360 ha, en die verwagte opbrengs is 1,23 t/ha.

Die sesde produksieskatting vir somergewasse vir 2018, sowel as die voorlopige oppervlakteskatting vir wintergewasse vir 2018, sal op 26 Julie 2018 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA bemoedig deur openbare verhore oor grondonteining

bokhaar

Bokhaarmark sluit op ‘n hoё noot