in

Die geskatte mielie-oes is 10% kleiner as in 2018

This post is also available in: English

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 11,258 miljoen ton gestel, wat 0,64% of 71 800 ton meer is as die vorige skatting van 11,186 miljoen ton.  Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,301 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,89 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 10% kleiner as die 2018-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 80% van die 2019-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,298 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,002 miljoen ha.

Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 5,538 miljoen ton.  Die opbrengs van witmielies is 4,27 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,720 miljoen ton, wat 1,27% of 71 800 ton meer is as die 5,648 miljoen ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van geelmielies is 5,71 t/ha.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 680 940 ton.  Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 515 350 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,170 miljoen ton.  Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 730 500 ha en die verwagte opbrengs is 1,60 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is 20 030 ton, wat 2,96% of 575 ton meer is as die vorige skatting van 19 455 ton. Die oppervlakteskatting vir grondbone is 20 050 ha en die verwagte opbrengs is 1,00 t/ha.

Die produksieskatting van sorghum het afgeneem met 2,71% of 3 650 ton, van 134 525 ton tot 130 875 ton.  Die oppervlakteskatting vir sorghum is 50 500 ha, en die verwagte opbrengs is 2,59 t/ha. 

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 66 355 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 59 300 ha, en die verwagte opbrengs is 1,12 t/ha.

NIE-KOMMERSIëLE MIELIES – OPPERVLAKTE- EN PRODUKSIESKATTING: 2019

Die oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 296 000 ha, wat ‘n afname van 5,98 % verteenwoordig in vergelyking met die 314 835 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 549 180 ton, wat 7,54% minder is as die 593 975 ton van die vorige seisoen.  Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 43% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 27%.

Wintergewasse – 2019 produksieseisoen

Die verwagte produksie vir koring is 1,618 miljoen ton, wat 4,54% of 77 010 ton minder is as die vorige skatting van 1,695 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,00 t/ha is. 

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 666 250 ton (41%), in die Vrystaat 371 200 ton (23%) en in die Noord-Kaap 273 750 ton (17%).

Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 325 000 ha of 60%, die Vrystaat is 128 000 ha of 24% en 37 500 ha of 7% is in die Noord-Kaap.

Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 358 760 ton, wat 1,67% of 6 100 ton minder is as die vorige skatting van 364 860 ton.  Die oppervlakte beplant word beraam op 131 960 ha, terwyl die verwagte opbrengs 2,72 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 96 200 ton, wat 18,18% of 14 800 ton meer is as die vorige skatting van 81 400 ton.  Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,30 t/ha. Die oppervlakteskatting vir hawer (ontbytgraan) vir die 2019-seisoen is 27 200 ha en die verwagte oes is 31 240 ton. Die verwagte opbrengs is 1,15 t/ha.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Maak beswaar teen grondonteiening sonder vergoeding, vra TLU SA

Wolmark daal skraps