in ,

Die eerste NAMPO Kaap was ‘n reuse sukses

NAMPO Kaap

This post is also available in: English

NAMPO Kaap is van 12 tot 14 September 2018 by Bredasdorp-park gehou. Al het die wind elke dag stormsterk gewaai het dit nie die besoekers of die boere in die omgewing weggehou nie.

Daar was rye voertuie by die besoekershek om in te gaan. Die skou het verskeie landbou-uitstallers, stalletjies vir vroue, ‘n damesprogram, Nasie in Gesprek en kosstalletjies gehad. Al was die eerste skou net ‘n kwart van die oorspronklike NAMPO in Bothaville voorspel uitstallers en besoekers dat dit volgende jaar nog groter gaan wees.

NAMPO Kaap het die mooiste protea-uitstallings gehad. Dit maak die skou beslis spesiaal en eg aan die Kaap. Die boere se vrouens het gestroom na hierdie stalletjie om ook vars proteas te koop.

John Deere

Irene Hart en Kevin Lesser van John Deere en Xander Pieterse van ProAgri het mekaar raakgeloop in die BKB-saal, die grootste saal op die skou.

gundle gundle

Philip Versfeld; landboukonsultant, Rudi Jansen van Vuuren; landboubemarkingsbestuurder en Herman Steyn; verkoopsverteenwoordiger van die Oos-Kaap vir Gundle by hulle stalletjie. Gundle het betroubare damvoerings vir gronddamme. Dit word op die boer se plaas opgerig sodat water produktief benut kan word.

Kanna

Brandstof is baie duur, daarom het Kanna die nuwe JOLT elektriese 3 kW motorfiets by die skou bekend gestel. Willa Nolte van Kanna sȇ die motorfiets kan 90 km per uur ry en kan so ver soos 100 km ry voordat jy hom weer moet herlaai. “Dit is perfek vir plaasgebruik.” Dit was voorwaar ‘n groot aantrekkingskrag op NAMPO.

Kubota

Nichol Schreuder en Philip Fabricius van Kubota staan by die M7172-trekker. Hierdie is die eerste trekker van sy soort in Suid-Afrika. Die trekker het ‘n V6108 enjin in, 171 perdekrag, outostuur, hy is veelsydig (kan vir enige doel op die plaas gebruik word), gebruik minder brandstof en die kajuit van die trekker is so gerieflik dat die boer hom heeldag kan gebruik.

valtra

Theunis Human en Attie de Villiers staan by die VALTRA E194-trekker op NAMPO. Een van die eienskappe van Valtra-trekkers is dat jy dit kan bestel in die kleur van jou keuse.

Santam

Santam Landbou bied ware versekering vir die boer. Hulle verseker enige iets, van ‘n hommeltuig tot ‘n trekker en ook die trekker se GPS-stelsel. Hulle glo ook daaraan om heeltyd aan die voorpunt te bly. Niel Esterhuyse; bemarkingsbestuurder vir Santam, Pieter Plaatjies; gebiedsbestuurder van Santam en Xander Pieterse van ProAgri by Santam Landbou se stalletjie.

Bonavide

Bert Ubbink (links); besturende direkteur van Bonavide en dr Andries Leuschner (regs) van Bonavide wys vir Niel Hanekom (middel), ‘n graan-, bees- en skaapboer van Morreesburg; waar op sy plaas is die probleemlande waar die graan gaan sukkel om te groei. Hulle meet dit met behulp van ‘n landbousatelliet. Die probleemareas word deur middel van verskillende kleure aangewys. Hoe groener, hoe gesonder is die grond en waar dit geel is, is daar ‘n probleem. Indien dit rooi is groei daar niks. Die inligting word ook vir kunsmismaatskappye deurgegee wat hulle weer help met hulle aanbevelings vir boere. Hulle het ook ‘n gekwalifiseerde en gelisensieёrde hommeltuigloods wat met ‘n hommeltuig op die boer se plaas tussen die bome vlieg indien dit moeilik is om die grond vanuit die ruimte te beskou.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

NWK gerat om weer waarde te skep vir klante en aandeelhouers

Sagtevrugtebedryf vier toewyding en volharding ondanks moeilike seisoen