in

Desember 2021 – Trekkerverkope

Trekkerverkope van 660 eenhede in Desember is byna 44% meer as die 460 eenhede wat die vorige Desember verkoop is.  Algehele trekkerverkope vir 2021 is 26% meer as verkope in 2020.  Stroperverkope van 18 eenhede is 15 eenhede meer as die drie eenhede wat die vorige Desember verkoop is. 

Vir die 2021-kalenderjaar is algehele verkope van 268 eenhede byna 45% meer as die 185 eenhede wat in 2020 verkoop is.

Aanvanklike ramings dui daarop dat die mielie-oes wat tans op land staan, soortgelyk sal wees aan die oes van die vorige jaar.  

Op dié stadium van die seisoen is dit moeilik om moontlike skade weens oormatige reënval in sekere dele van die land te bepaal.   Vooruitsigte lyk nietemin goed.  

Voorlopige ramings vir die 2022-kalenderjaar is dat trekkerverkope soortgelyk sal wees aan verkope in 2021, terwyl stroperverkope tussen 5 en 10% laer kan wees as verkope verlede jaar.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Drastiese aanpassing van SASRIA-tariewe totaal uit voeling met ekonomiese realiteite

Sypaadjietuine: ‘n Liefdestaak wat honger mense voed