in

Damvlakke daal steeds in die Wes-Kaap

This post is also available in: English

Die onlangse gemiddelde damvlakke van die Wes-Kaap het nog verder gedaal na 18,9% van verlede week se 19,5%.

“Ons kyk fyn na die weer met die hoop op reёn,” sȇ Anton Bredell, die LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling in die provinsie.

“Tot ons damvlakke ten volle herstel is, moet mense steeds aanhou om water te bespaar,” sȇ hy.

Verlede jaar dieselfde tyd was die gemiddelde damvlakke 26,9%.

Daar is waterbeperkings in baie van die provinsie se munisipaliteite en in die Stad Kaapstad is daar vlak 6B waterbeperkings waar mense net 50 liter water per persoon per dag mag gebruik tensy hulle skriftelike toestemming het om meer te gebruik.

Anton sȇ ook hulle is veral bekommerd oor die landbousektor.

Bron: Fresh Plaza

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Plaasaanval op Potgietersrus

Dom Boer se lag vir die dag: