in ,

CLAAS se spogtrekkers skitter in Suid-Afrika

This post is also available in: English

CLAAS is een van die grootste trekkervervaardigers in die wêreld, met ‘n gevestigde, wêreldwye mark wat geensins te versmaai is nie. Hulle het wel ‘n baie sagte plekkie vir die land aan die suidpunt van Afrika, want hulle beskou ons as die afsetpunt van selfs hulle grootste en mees gevorderde trekkers en tegnologie. Hierdie maand kyk ons na die
jongste verbeteringe aan die AXION, die ARION en die XERION-vlagskip.

AXION 800
Tydens AgriTechnica 2015 is die AXION 850 as die Trekker van die Jaar vir 2014, asook die Masjien van die Jaar vir 2014, aangewys. Die trekker word as standaard met die deurlopend wisselbare ratkas, CMATIC, toegerus.
Die AXION 870 kan nou ’n maksimum van 220 kW brute krag lewer danksy die vernuftige CPM- (CLAAS Power Management) -stelsel. Dit word moontlik gemaak deurdat ‘n bykomende 11 kW vrygestel word wanneer die trekker ’n snelheid van 14 kmu bereik terwyl wegtrekkrag benodig word. Bykomende wringkrag word dan ook deur die elektroniese enjinbeheerstelsel gelewer. Die nuwe model kan altesaam 31 kW meer krag lewer as die AXION 850 CMATIC terwyl dit dieselfde operasionele massa het. Gepraat van massa, die nuwe model se vooras weeg ook nou 380 kg ligter as die vorige model s’n. Die trekker word toegerus met ’n 6,7 liter, sessilinder FPT-enjin en die 800-reeks het nou sewe modelle wat wissel van 153 kW tot 220 kW.

Die AXION 850 is as 2014 se Trekker van die Jaar en 2014 se Masjien van die Jaar aangewys.
Die AXION 850 is as 2014 se Trekker van die Jaar en 2014 se Masjien van die Jaar aangewys.

ARION 600
In Oktober 2013 het CLAAS die EX 200-ratkas met oneindige wisseling in die ARION 500/600 CMATICreeks
bekend gemaak. Die ratkas bestaan uit ’n veeltrap (multi-step) planetêre ratkas, ’n hidrostatiese eenheid en twee veelplaatkoppelaars. Die ratte wat outomaties verstel, verander nie net die ratkasverhouding nie, maar ook die algehele kragvloei deur die ratkas. Wanneer die trekker versnel, verstel die twee koppelaarstelle hulle spoed geleidelik tot dit ooreenstem. Die veelplaatkoppelaars verander dan die ratte in volmaakte sinkronisasie. Nou hoef die spoed en wringkrag van die trekker onder ’n groot lading nie skielik te verminder om die ratte te wissel nie.

Die ARION 600-reeks spog nou met ’n bul van ’n ratkasstelsel.
Die ARION 600-reeks spog nou met ’n bul van ’n ratkasstelsel.

XERION
Die XERION 5000/4500/4000 is die vlagskip van CLAAS se trekkerreeks en kan met sy 4×4-vermoë tot 373 kW lewer, wat omtrent enige werktuig met gemak kan trek. Die trekker kan teen 50 kmu vorentoe of agtertoe beweeg om
blitsvinnig van die een land na die ander te ry. Die ISOBUS-stelsel word ook as standaard ingebou. Die trekker het vier ewe groot wiele vir uitstekende vastrap en balans en die 1 000-liter brandstoftenk bespaar jou die tyd en moeite van elke nou en dan vol te maak. – Die Xerion se twee stuurbare asse verseker uitmuntende ratsheid en veelsydigheid.
– Kies tussen ses verskillende stuurprogramme
– Oneindige wisselaandrywing maak dit moontlik om tot 40 kmu te ry teen verlaagde enjinomwentelinge – ‘n
unieke en ongeëwenaarde kenmerk in hierdie trekkerkategorie.

CLAAS het rede om met die XERION-reeks te spog. Hierdie 4x4-trekker maak korte mette van enige uitermatig strawwe plaaswerk.
CLAAS het rede om met die XERION-reeks te spog. Hierdie 4×4-trekker maak korte mette van enige uitermatig strawwe plaaswerk.

Skakel Kempston Agri by 043-703-3100 of stuur ’n e-pos aan Michael Howell by Michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk by Etienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor CLAAS en hulle verstommende tegnologie.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dít is waarom boere LEMKEN gebruik

Verwag baie meer vanuit Jupidex se nuwe hoofkantoor