in

CLAAS bied nog meer puik produkte

CLAAS

This post is also available in: English

Vandat Kempston Agri drie jaar gelede vir die eerste keer die baan geopen het vir die nuwe uitbreiding aan die NAMPO-terrein met ’n vars CLAAS-groen uitstalling, het die maatskappy se landbouvoetspoor drasties gegroei.

Tussen die CLAAS-plaas en NAMPO se nuwe saadplaas is daar nou nog ’n landboureus wat deel is van die Kempston Agri-groep, naamlik Stara. Die Brasiliaanse vervaardiger is veral bekend vir sy tegnologies gevorderde oesbeskermingstoerusting.

Dit vul Kempston Agri se bestaande reeks toerusting aan, naamlik die bekende Geringhof-plukkerkoppe of-stropertafels van Duitsland en Agrisem grondbewerkingstoerusting vanaf Frankryk.

Etienne van Wyk, produkbestuurder van Kempston Agri, sê hulle is nou in ’n posisie om ’n saaiboer al die pad by te staan met sy meganisasiebeplanning vanaf grondbewerking en trekkerkrag tot met strooptyd. Veeboere en kontrakteurs geniet ook die voordele van CLAAS se uitstekende reeks voermaaktoerusting met die toegewyde aandag van Kempston Agri se 36 handelaars wat landwyd versprei is. Etienne sê: “Ons bly ’n familie-onderneming en ons kyk persoonlik na ons kliënte.”

CLAAS

Die nuwe Axion 870 het boere by die ingang na CLAAS se standplaas begroet. Die trekker het ‘n 6-silinder FPT-enjin wat 205 kW krag lewer met deurlopend-veranderlike CMATIC-aandrywing. Dit het 150 liter/minuut hidrouliese kapasiteit en ’n hysvermoë van 10 000 kg op die driepuntstelsel. Die trekker se veelsydigheid word aansienlik vergroot met ten volle geïntegreerde voorkoppeling met tot 5 800 kg hysvermoë en opsionele posisiebeheer. Soos al CLAAS se nuwe trekkers, kan die operateur rustig terugsit en met die druk van ’n paar knoppies op die CMOTION-beheerhefboom wat gerieflik onder sy regterhand is, omtrent alles aan die trekker beheer.

CLAAS

As die weer reg is en voer moet gesny word, kan boere nie bekostig om tyd te mors nie. CLAAS se DISCO-snyers gee voorwaar die ritme aan vir enige boer wat vinnig wil werk, maar skoon en netjies wil sny. Met ’n snyer voor en een aan elke kant agter, is al wat agterbly in die land net ’n 10,7 meter snyspoor met netjies gepakte windrye. Met CLAAS se nuwe MAX CUT-snybedtegnologie is snywerk net ’n plesier.

CLAAS

CLAAS kraai koning in die stropermark in Suid-Afrika en die 560 TUCANO met ’n Geringhof-plukkerkop vorm ’n gedugte stroopspan. Verlede jaar het ons die TUCANO 570/580 ontmoet en hierdie jaar die kragtige, maar kompakte 560. Die stroper het ’n 233 kW Mercedes-Benz-enjin wat die doeltreffende en energiebesparende APS HYBRID-stroopstelsel aandryf. Die stelsel kombineer die APS-dorsstelsel met ROTO PLUS wat sorg vir ’n hoë stroopkapasiteit en sorgsame hantering van materiaal. Die graanawegaar is 50% groter. Dit verhoog die stroper se kapasiteit beduidend.

STARA

’n Spogproduk in die splinternuwe Stara-standplaas is verseker die Imperador 3.0. Dit is ’n selfaangedrewe kombinasiespuit/-strooier wat uit die vorige Imperador-spuitmodel en die Hercules-kunsmisstrooier ontwikkel is. Die Topper 5500-beheerskerm sorg vir vingerpuntbeheer en maak perfekte presisiebeheer moontlik. Die Imperador 3.0 se balklengte en spreiwydte is albei 27 meter sodat dieselfde spore in die land vir albei prosesse gevolg kan word. Die balk is presies in die middel van die werktuig, wat die mees stabiele punt is as die spuit oor ongelyke terrein moet ry. Die spuittenk hou 2 400 liter en die kunsmistenk, wat agter sit, hou drie ton.

Vind meer uit oor Kempston Agri se produkte! Stuur n e-pos na michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za of skakel 043-703-3100. Besoek ook www.claas.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Daar is gewone trekkers…en dan is daar FENDT

taltec

Veehantering sonder sukkel: Tal-Tec bly een stappie voor