in ,

Chilli Con Carne Met Tortillaskywe

This post is also available in: English

Lewer 8 porsies

*Glutenvrye opsie! Gebruik mielietortillas.

BESTANDDELE

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2-3 klein rooi brandrissies, fyngekap
  • 15 ml kanolaolie
  • 500 g laevetmaalvleis
  • 410 g (1 blik) heel kersietamaties
  • 1 lourierblaar
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 410 g (1 blik) bone in tamatiesous
  • 8 x 40 g-tortillaskywe*
  • 60 ml gekapte vars pietersielie

METODE

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat met kleefwerende baksproei.
  2. Braai die ui, knoffel en brandrissie in die olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  3. Voeg die tamaties en lourierblaar by. Geur met sout en peper.
  4. Prut 30 minute. Voeg die bone by en prut ’n verdere 10 minute.
  5. Sny die tortillas in driehoeke en plaas op die bakplaat. Bak 5-10 minute tot bros.
  6. Sprinkel pietersielie oor die maalvleismengsel. Sit 160 g voor saam met 40 g (3 skywe) tortilla.

(Uit: Lekker & Gesond: Gesonde kosblikke, Martie Hofmeyr & Janet Wiegand, LAPA Uitgewers, 2015)

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

John Deere 1895 air drill

Gemmerhoender