in ,

BRAZGrass: Weiding is wins

Hierdie BRAZGrass is tien jaar gelede by NAMPO-park gevestig en dit groei steeds welig en geil. Hoe’s daai vir meerjarigheid?

Weiding maak of breek ՚n boerdery. Goeie weiding kan die verskil beteken tussen ՚n suksesvolle jaar vir die boer, of ՚n jaar waarin die bankbestuurder weer om genade gesmeek moet word.

Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZGrass, was die heel eerste persoon wat proewe op die NAMPO-perseel aangeplant het. Tien jaar later staan die gras verby kophoogte en groei steeds sonder ophou.

“Wat jy hier sien, bewys meerjarigheid. Die gras wat hier op die NAMPO-perseel geplant is, is tien jaar oud, en ons was die heel eerste maatskappy wat proewe hier geplant het — en ek dink dit is juis wat ՚n boer wil hoor en sien,” vertel Gielie.

“Ons is baie trots om te sê dat ons al meer as 200 000 ha gras in Afrika gevestig het. Ons sukses lê daarin dat die gras vir hulleself praat,” voeg Gielie by.

Maar gras het eers waarde wanneer diere dit gretig inneem. Om die smaaklikheid van BRAZGrass aanskoulik te demonstreer, het Gielie ՚n enorme os van anderhalf ton wat smaaklik smul aan die gras by NAMPO gehad.

“Vir die eerste keer by NAMPO bewys ons nie net die groei en meerjarigheid van die gras nie, maar ook die smaaklikheid. Geen persoon in die wêreld kan met so ՚n os boer as hy nie gras het wat die dier kan vreet nie. Hierdie os eet elke dag 3% van sy lewende massa, wat nog ՚n bewys is dat hierdie gras die oplossing is tot wins, en dit is juis waar my leuse vandaan kom, weiding is wins.”

Gielie Nieuwoudt by die enorme os van 1,5 ton wat heerlik aan die gras smul en so die smaaklikheid daarvan bo alle twyfel bewys.

Belangrike eienskappe van BRAZGrass sluit in:

  • Dit is ՚n meerjarige gewas, wat 80 tot 90 dae vanaf aanplanting beweibaar is
  • Droëmateriaalopbrengs wissel tussen 15 en 40 ton per hektaar per jaar
  • Bevat 10 tot 18% ru-proteïen in droëmateriaal
  • Bevat geen blousuur
  • Geskik vir bees, skaap, bokke, wild en perde
  • Die maatskappy is die enigste verspreider van bullet-saad ter wêreld.

Kontak Gielie Nieuwoudt by 084-800-0193, of Heyns by 084-840-1659, of die kantoor by 074-537-4050 vir meer inligting oor die gras tot voordeel van jou
diere. Jy kan ook ՚n e-pos aan gieliegroep@gmail.com stuur. Vir meer inligting, besoek hulle webwerf by www.brazgrass.co.za.

Kyk die volledige video ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Scania SA: Voluit na volhoubaarheid

Kry die beste by PIC: Wêreldleier in varkgenetika