in , ,

Bonnox se Ringlock® loop oor berge en dale

Bonnox se 1,8 meter hoë Ringlock®-heining lyk baie netjies teen Panbult se steiltes. Dit hou rondloperbeeste buite en Erna se wye verskeidenheid plaasdiere binne.

This post is also available in: English

As jy glo dat elke ding veilig op sy plek moet wees, is Bonnox die heining vir jou. Kobus Pretorius en sy vrou, Elna, het die dorp vir hulle eie stukkie paradys tussen die plantasies buite Amsterdam verruil. Hulle het in 2014 ’n lappie grond van 9 hektaar gekoop.

“My droom was nog altyd om ’n wye verskeidenheid plaasdiere aan te hou. Nou kan ek dit uitleef,” sê Erna. Die bergagtige stukkie grond waarop die huis gebou is, was eers deel van ’n groter plaas voordat dit onderverdeel is. Vandag loop daar hoenders, ganse, volstruise, skape, varke, kalwers, donkies, bokke en natuurlik waghonde oral rond. Erna kan hulle na hartelus vertroetel of versorg terwyl Kobus by ’n myn daar naby werk.

“Toe ons hier aankom, was hier heinings en drade, maar die brandtrokke het dit deur die jare platgery en dit is nooit onderhou nie,” vertel Kobus. “Die gemeenskap se beeste het ook Erna se plante verniel.”

Die eerste aankomelinge sou volstruise wees wat ook die hoewe moes oppas, maar jy het ’n behoorlike heining nodig om mens en dier uit die kloue van die kwaai diere te hou.

Kobus het besef dat die steiltes sy keuse vir ’n heining baie gaan beperk, want gewone draad trek plat of buig as jy dit teen sulke skuinstes span.

“Ek het toe op die internet gaan soek vir heinings, maar ek het geweet van Bonnox, want almal praat daaroor,” sê Kobus. “Toe gaan kyk ek op hulle webwerf en sien die Ringlock®-ontwerp wat toelaat dat die draad by die aanhegpunt op en af en heen en weer kan skuif. Ek het hulle gebel. Zane was baie behulpsaam en het my van goeie raad bedien. Ek het 20 rolle van die 1,8 meter hoë heining bestel om die 2 km rondom die hoewe toe te span. Ons kon ook van die draad in die helfte sny waar ons laer draad benodig het. Jy sny hom net ’n entjie bo die Ringlock®-skakel af en buig die los punte oor. Die Ringlock®-skakels bly op hulle plek.”

Erna en Kobus Pretorius is baie tevrede met hulle Bonnox-heining.

“Ek het ’n plaaslike kontrakteur gekry om dit op te rig. Hy het nog nooit voorheen Bonnox gespan nie, maar dit gou verstaan en vinnig baasgeraak. Die spannery het vining gegaan en baie lekker gewerk.”

Kobus het die Bonnox-trekklamp saamgekoop wat baie goed saam met sy draadtrekker gewerk het. Die draad is langs die grens uitgerol, opgetel, vasgehou, styfgetrek en vasgemaak.

Een van die voordele van Bonnox-draad is dat dit kan meegee as ’n dier daarteen vashardloop, sonder om stewigheid prys te gee. Dit is vir Kobus belangrik dat die kleinwild op die plaas nie moet seerkry nie. Bonnox is juis daar om hulle te beskerm!

Daar het al twee bome op die heining geval, maar Kobus en sy werker het dit net weer regop getrek en dit lyk nie eers of die draad iets oorgekom het nie.

“Ek en my kontrakteur was eers skrikkerig vir Bonnox omdat ons dit nie geken het nie, maar vandag is ek baie tevrede met my wonderlike heining,” sê Kobus. “Bonnox was die beste besluit wat ek kon neem.”

Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za om jou prysberaming aan te vra.

Sifiso Hlophe, algemene werker op Panbult, wys hoe jy binne ’n oogwink ’n Bonnox-heining kan herstel nadat daar ’n boom op geval het.

Kobus het aanvanklik Bonnox se heining aangekoop om hulle kwaai mannetjiesvolstruise binne te hou.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Hoe werk ’n dissiplinêre verhoor?

TLU

TLU SA dien steeds die boer