in ,

Bonnox is’n leefstylkeuse

Desmond Green en sy vrou, Elena, glo dat ’n heining benewens doeltreffend ook esteties, egalig en netjies moet wees. Hulle het dus op Bonnox besluit om hulle grond buite Worcester te omhein.

This post is also available in: English

Desmond Green verkies die stilte van die plaaslewe, alhoewel hy eintlik ’n sakeman is. Nadat hy uit Botswana weg is, het hy besluit om sy kinders op die rustige Wes-Kaapse platteland buite Worcester groot te maak. Een van die belangrikste keuses wat hy moes maak, is waarmee hy sy eiendom moes omhein.

Desmond en sy vrou moes in 1997 hulle hoewe in Botswana omhein om die rondloperdonkies, -beeste, -bokke en -honde buite te hou. Sy vrou, Elena, wou ook ’n paar bokke aanhou. Hy het Bonnox se advertensie in ’n landboutydskrif gesien. Die konsep het vir hom logies gelyk en was die gepaste heining vir sy doel. Hy en ’n werker het die oprigtingsproses vinnig baasgeraak en die 1,8 meter hoë Bonnox in ’n japtrap opgerig.

Desmond sê: “Bonnox was die maklikste, vinnigste en beste vir my omheiningsbehoefte. As jy die aanwysings volg en dit van die begin af behoorlik doen, is die tydfaktor ’n reuse voordeel. Jy hoef nie elke draad afsonderlik styf te trek nie. Jy trek die hele bondel een keer en dan is dit gedoen.”

In 2015 het hulle op Worcester aangekom. Die bestaande omheining was ’n vyfstring gewone draadheining. Desmond sê: “Ek het vir my vrou gesê ons moet weer Bonnox span, maar sy wou hê dit moes esteties wees. Ek het vir haar die prentjies op die Bonnox-webwerf gewys en sy het van die reeks gehou wat 100 mm x 100 mm blokkies van bo tot onder het omdat dit mooi egalig lyk. Dit was ’n duurder reeks, maar ons het net twee hektaar en twee kampies omhein en dit was belangrik dat dit mooi moes lyk.

Desmond het die 1,8-meter heining vir sy buitedrade en die 1,4-meter vir die binnekamp voor sy huis bestel. Hy het ook die trekklampe saamgekoop. “Twee werkers wat nog nooit Bonnox gespan het nie, het dit vinnig gesnap en drie dae later het die heining gestaan. Ek het elke tien meter ’n Y-paal ingeslaan en drie sparre daartussen geplaas. Die hoek- en trekpale van staal is elke 98 meter geplant,” sê hy. Bonnox was die ideale heining om vir hulle veiligheid te bied, rondloperdiere buite te hou, Elena se moontlike toekomstige bokke binne te hou en om hulle plaasleefstyl te beklemtoon…

Elena, Elizabeth en Desmond Green, Tiaan Coenraad en Roxy kan hulleself nie indink dat ’n plaas sonder ’n Bonnox omheining kan wees nie.

“Om met Bonnox sake te doen is baie eenvoudig en duidelik,” sê Desmond. “Jy vertel vir hulle wat jou behoeftes is en dan kom hulle terug na jou toe met ’n prysberaming. Jy moet net sê hoe lank en hoog jou heining moet wees, hoe groot jy die gate in die heining wil hê en die helling van die plaas. Dan kom hulle terug na jou toe met die regte heining, aantal pale, y-pale en sparre wat jy gaan benodig. Hulle stel ook geskikte vervoerkontrakteurs voor wat al die items kan aflaai.”

Vir boere wat steeds wonder watter heining hulle moet aanskaf sê Desmond: “Bonnox is oorspronklik en hulle vervaardig dit steeds. Dit beteken dat dit werk. Ek het dit drie jaar gelede opgerig en dit lyk steeds dieselfde. Koop dit net en span dit. Bonnox is kostedoeltreffend en goeie gehalte.”

Bonnox se wye reeks produkte is baie veelsydig. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, of stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook Bonnox se webwerf by www.bonnox.co.za om met hulle wye reeks produkte en nuttige inligting kennis te maak.

Desmond Green het ’n netjiese en funksionele hek van Bonnox se omheining gemaak.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ProAgri 228

SmartTouch: Valtra se slim beheerarm reik na ryk oeste