in , ,

Bonnox bewaar skaarswild soos goud

Bonnox
Na 10 kilometer se Bonnox-span is Jaco de Wet, boer, en Simon Makhule, algemene werker, gesout en doodtevrede met die resultate.

This post is also available in: English

‛n Boer kan nie kanse waag met enige van sy bates se sekuriteit nie en skaarswild is een van die moeilikste bates om op te pas. Dit is dus die moeite werd om goeie geld te bestee om dit te beveilig.

Jaco de Wet boer buite Rustenburg en gebruik die gunstige bosveldklimaat om verskeie wildsoorte soos goue wildebeeste, swartwitpense, njalas, bosbokke, steenbokke en duikers te teel. Jaco moes sy huiswerk deeglik doen om hierdie duur wild veilig op sy plaas te hou en die ongediertes buite te hou. Bonnox is die antwoord.

“Ek het oor die voordele van Bonnox in die media gelees en die eerste keer wat ek gesien het hoe dit werk en toegepas word was op ‛n vriend se plaas,” sê Jaco.

“Bonnox het hulle omheining meer bekostigbaar gemaak met hulle spesiale aanbiedings. Vir elke tien rolle wat ek gekoop het, het hulle my een rol gratis gegee. Dit het goedkoper uitgewerk as die 2,24 mm staaldraad wat ek oorweeg het. Die diens wat ek van Bonnox kry is ongelooflik. Ek het hulle geskakel en ‛n prysberaming aangevra – en dit binne tien minute ontvang.

Nadat ek betaal het, het hulle my onmiddellik laat weet dat die voorraad gereed is. Ek het my waentjie gehaak en na hulle fabriek gery. Die vriendelike personeel het my waentjie gou-gou gelaai en alles mooi stewig vasgemaak. Na die tyd was Bonnox se mense ook baie behulpsaam en hulle het my gereeld raad gegee, wat my taak baie vergemaklik het.”

Jaco het Bonnox se 2,4 m wilds-heining gekoop. Die onderste 1,2 m bestaan uit kleiner blokkies wat groter word boontoe. Dit hou roofdiere maklik buite. “As jy jou heining elke dag nagaan en vlakvarkgate toehou, sal jy nie probleme met jakkalse, rooikatte of luiperds hê nie.” Jaco hou ook sy draad vier meter aan weerskante skoon sodat ‛n luiperd nie vanuit ‛n boom kan oorspring nie.

Bonnox
Jaco de Wet se wildebeeste kan sonder enige sorge aanteel in een van die 50 ha kampe wat hy met Bonnox omhein het.

Jaco het vier kampe van 50 hektaar elk gespan. Twee van die kampe huisves elk 25 blouwildebeeskoeie met ‛n bul. In die derde kamp hou hy swart rooibokke en bosbokke en in die ander een njalas. Hy het elke 50 meter ‛n paal en elke 98 meter ‛n trekpaal geplant wat die spasiëring en uitmeet met die 100 meter rolle maklik gemaak het. Op die res van Jaco se plaas loop daar ander wild soos koedoes, wildebeeste, rooibokke, elande en gemsbokke en die bulle is geneig om na die draad te kom en met sy kosbare teelwild te baklei. Jaco kon dit maklik verhoed deur elke 10 meter ‛n Y-paal en elke meter ‛n spar in te sit.

Jaco en sy arbeid het ook lekker saamgewerk om die draad gou-gou te span. “Bonnox het my in staat gestel om ‛n groot oppervlakte vinnig toe te maak. Die wild wat ek ingesit het is almal in kampe geteel en is heinings gewoond, so ek kon hulle injaag voordat al die sparre in was. Sodoende kon ek baie tyd wen,” sê hy.

Sy arbeiders kon ‛n hele sy van ‛n kamp se rolle aanmekaar heg en dan kon hy smiddae kom help om dit gelyk op te tel en dan in seksies van 100 meter styf te trek en vas te maak.

“Ek sal vorentoe my telery uitbrei en ek gaan nooit weer ‛n gewone staaldraad span nie. Ek het gesien hoeveel roofdiere kom deur gewone draad. Daar is nie ‛n beter omheining as Bonnox nie,” sê Jaco tevrede.

Skakel 012-666-8717 of 076-169-9068, of e-pos Linda@bonnox.co.za, Gerda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bonnox.co.za

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

monsanto

Monsanto se nuwe saadreeks vul verskeie leemtes

Gholfdag-geld spreek landbouveiligheid deur VKB/VL lessenaar aan