in ,

Bonnox beskerm boer se aftreebelegging

Dutch Gibson het geweet dat hy ’n goeie belegging maak toe hy Bonnox-heining gekoop het vir sy aftree-wildsplaasprojek.

Met die beskerming van jou aftreebelegging en jou kosbare wild speel jy nie rond nie. Wanneer albei deel is van dieselfde projek, kies jy Bonnox vir betroubare beskerming.

Dutch Gibson, ’n boer in Chisamba, 70 km noord van Lusaka in Zambië, het besluit om 120 hektaar grond in ’n luukse wildsplaas te ontwikkel vir sy laaste neseier. “Ek wil dele van twee hektaar elk verkoop. Dit is stil en naby genoeg aan Lusaka vir pendelaars. Dit is misdaadvry, rustig en omring deur ander plase. Ons het ’n paar koedoes, asook bosbokke, rietbokke, duikers en jakkalse. Net voor die finale voltooiing wil ek ook sebra en ander bokke soos rooibokke, rooilechwes en rooiwaterbokke insit vir maksimum waarde aan my kliënte.”

“Ek het oor Bonnox gelees in landboutydskrifte waar dit beskryf word as die topreeks in omheining. Toe ek besluit het om ’n heining om die plaas te span, was dit my eerste en enigste keuse,” sê hy. Ongeveer vier jaar gelede het hy genoeg rolle gekoop om die hele plaas mee te omhein. Hy het ook die trekpale en Y-pale vanaf Bonnox bestel. Die Y-pale is elke tien meter en die trekpale elke 98 meter uitmekaar geplaas.

Bonnox vorm ’n integrale deel van Dutch se wildsheining en word as die onderste 1,2 m gebruik sodat die kleinwild nie kan deurkruip of seerkry nie. Aan die bokant is enkeldrade gespan. Later sal hy sien of dit nodig is om Bonnox se hoër heinings te span om groter wild binne te hou.

Een van die groot voordele van Bonnox is dat dit ontwerp is om mee te gee wanneer diere daarteen vashardloop, maar ook om dan steeds vorm te behou. Die diere kry nie seer nie, maar die heining bly stewig.

Met behoorlike, stewige trekpale elke 98 meter kan jou Bonnox-heining nêrens heen gaan nie.

Dutch en sy werkers het die oprigting baie maklik gevind. “Ek weet nie of ons Bonnox se voorskrifte presies gevolg het nie, maar dit het baie goed vir ons gewerk,” sê hy. “Ons het dit net so gekyk en toe opgelig, een kant vasgemaak en styfgetrek. Ons het nie eers ’n kontrakteur nodig gehad nie.”

“Ryan Stassen, ’n landbou-invoerder, het destyds alles vir my georganiseer terwyl ek in Indië was. Ek moes net die betaling doen,” sê Dutch.

Ryan vertel dat Bonnox een van die prima-produkte was wat hy uit Suid-Afrika ingevoer het.

Hy sê: “’n Boer wil sy plaas net een keer omhein en klaar wees. Bonnox se heining is wêreldklasgehalte. Die boere hier wil blywende produkte hê. Bonnox se reputasie bestaan uit gehalte en hulle het ’n groot verskeidenheid.

“Ek het al baie rolle Bonnox ingevoer en as ’n invoerder en koper is dit baie belangrik dat ek die presiese besonderhede van die verkoper met betrekking tot grootte, hoeveelhede en gewig kry. My vervoerbegroting en kosteberaming met Bonnox was nog altyd presies reg. Die Bonnox-personeel is baie professioneel en ervare en al hulle fakture, SADC-sertifikate en inligting is reg.

“Hulle het my ook na die tyd gekontak om terugvoer te kry en hulle het ook gereeld opgevolg. Hulle is een van die beste maatskappye om mee sake te doen. Vandag is ek nie meer ’n invoerder nie, maar as ’n boer my vra vir heinings, weet ek waarheen ek hom moet stuur,” sê Ryan.

Skakel Zane by 076-169-9068 of e-pos zane@bonnox.co.za, Gerda by 081-865- 4543 of e-pos gerda@bonnox.co.za of Linda by 072-704-8764 of e-pos linda@bonnox.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bonnox.co.za

Dutch Gibson se eerste Bonnox-heining strek in die verte in.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Agri Afrika se Turbo-Max en Tweelingryplanter

Presisieboerdery is die énigste pad vorentoe