This post is also available in: English
Die derde sybokbaarveiling van die 2018 somer verkoopseisoen het ‘n mandjie met gemengde resultate opgelewer. Goeie kompetisie was ontvang van al die kopershuise, veral vir die kleinbokkiehaar segment.
Pryse van jongbokhaar het die opwaartse tendens van die vorige veiling voortgesit en in verkopers’ guns gesluit. Pryse van veral kort sterk grootbokhaar het onder druk gekom, terwyl lang sterk grootbokhaar en fyn grootbokbaar onveranderd in kopers guns gesluit het. Die Rand het met 1,9% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak het en teen R11,94 verhandel.
Die gemiddelde markaanwyser het 1,4% duurder gesluit op R255,83/kg in vergeleke met die vorige veiling. Dit is 38,5% duurder as die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen. Gemiddelde pryse van kleinbokhaar het 8,2% hoër gesluit teen R366,42/kg terwyl jongbokhaar 1,6% hoër verhandel het teen R293,74/kg. Fyn grootbokhaar was -0,3% goedkoper op R265,37/kg en sterk grootbokhaar het -0,1% goedkoper verhandel teen R249,54/kg.
Die volgende veiling van die 2018 somer verkoopseisoen sal op 17 April 2018 plaasvind.
Bron: BKB