in

Bokhaarmark veilingsverslag

This post is also available in: English

Die gemiddelde sybokhaar markaanwyser het op die vierde veiling van die somer verkoopseisoen teruggesak en met 1,7% gedaal tot R289,66/kg.

Sterk kompetisie was van al die kopershuise ontvang, selfs met die effens sterker Rand. Die sterk grootbokhaar segment van die mark het onder druk gekom as gevolg van die opskorting van sybokhaar uitvoere na China.

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het met 0,8% gestyg tot R509,04/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar onveranderd gesluit het op R365,15/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het onveranderd gesluit op R283,77/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van sterk grootbokhaar 2,1% goedkoper gesluit het op R242,14/kg.

Die volgende veiling van die 2019 somer verkoopseisoen sal 7 Mei 2019 plaasvind.

Bron:BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boere moet in SA geleenthede soek, sê VL Jongboer-wenner

droogte

Santam, in samewerking met Agri SA, gee hoop aan droogte-geteisterde Sutherland-gemeenskap