in

Bokhaarmark trek voordeel uit swak rand

This post is also available in: English

Die gemiddelde markaanwyser het 9,6% duurder gesluit op R309,76/kg in vergeleke met die vorige veiling van die 2018 winter verkoopseisoen. Pryse is opwaarts gedryf as gevolg van die baie swakker Rand, lae volumes in die waardeketting en volgehoue sterk vraag na sybokhaar.

Die Rand het teen R15,29 teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel en R17,67 teenoor die Euro. Die Rand het met 9,5% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar en 8,1% teenoor die Euro, in vergeleke met die gemiddelde koers gedurende die vorige veiling.

Die gemiddelde pryse van kleinbokhaar het 12,4% gestyg en op R413,89/kg gesluit. Die gemiddelde pryse van jongbokhaar het 11,4% duurder gesluit op R347,50/kg. Gemiddelde pryse fyn grootbokhaar het 10,5% duurder gesluit op R323,94/kg en sterk grootbokhaar het 7,1% duurder verhandel teen R313,15/kg.

Die volgende veiling van die 2018 winter verkoopseisoen sal op 25 September 2018 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Finaliste aangewys in die 2018 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie

2018 VOLVO XC 60: ELEGANTE SWEED IN ‘N STYLVOLLE JAS