in

Bokhaarmark styg

bokhaar

This post is also available in: English

Die sybokhaarmark het positiewe resultate gelewer op die vyfde veiling van die 2018 somer verkoopseisoen ten spyte van die moeilike omstandighede wat tans heers in die bedryf.

Pryse van jongbokhaar en grootbokhaar het goed presteer terwyl die gemiddelde pryse van kleinbokkiehaar onveranderd gesluit het op R398,01/kg. Die aanbieding het bestaan uit goeie gehalte bokhaar waarvan ‘n verkoopspersentasie van 98,9% behaal is. Die Rand het met 4,7% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak en teen R12,54 verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser het met 3,9% verbeter om teen R279,78/kg te sluit. Gemiddelde pryse van somer jongbokhaar het 4,4% duurder gesluit teen R318,61/kg. Pryse van fyn grootbokhaar het 4,0% duurder gesluit op R288,12/kg en sterk grootbokhaar het 5,0% duurder verhandel teen R275,41/kg.

Die volgende veiling van die 2018 somer verkoopseisoen sal op 22 Mei 2018 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wyer en groter werktuie: Is dit beter en goedkoper?

Dom Boer se lag vir die dag: