in

Bokhaarmark steeds sterk

bokhaar

This post is also available in: English

Die sybokhaarmark het sy opwaartse neiging voortgesit op die vierde veiling van die 2018 somer verkoopseisoen, met die gemiddelde markaanwyser wat met 5,2% gestyg het, om op R269,25/kg te sluit.

Die aanbieding het bestaan uit goeie gehalte sybokhaar en baie goeie gehalte individuele skeersels. Sterk kompetisie was ontvang van al die kopershuise wat pryse van al die sybokhaar tipes opwaartse gedryf het, met goeie gehalte sybokhaar wat premiepryse ontvang. Die Rand het met 0,3% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak en teen R11,98 verhandel.

Gemiddelde pryse van kleinbokhaar het met 8,6% duurder gesluit teen R398,06/kg terwyl jongbokhaar 3,9% duurder verhandel het teen R305,14/kg.  Fyn grootbokhaar was 4,4% duurder op R276,94/kg en sterk grootbokhaar het 5,1% duurder verhandel teen R262,33/kg.

Die volgende veiling van die 2018 somer verkoopseisoen sal op 8 Mei 2018 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boeredag propvol tegnologie: Geen reën keer Ficksburg se boere

Nelius Ferreira

Nuwe VL Jongboer van die Jaar sien die groter prentjie