Die bokhaarmark het stabiel gebly op die vyfde veiling van die somerverkoopseisoen en met 1,2% gestyg om op R288,21/kg te sluit. Alhoewel nie al die koperhuise op die veiling teenwoordig was nie, was die kompetisie steeds sterk.
Mnr F Retief van Boksfontein Boerdery (Murraysburg) het ‘n uitstekende gemiddelde prys van R447,17/kg op die totale skeersel behaal.
Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het onveranderd gebly op R507,70/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar met 0,5% gestyg om op R367,02/kg te sluit. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het onveranderd gesluit op R282,91/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van sterk grootbokhaar 1,5% duurder verkoop het op R245,75/kg.
Die volgende veiling van die 2019 somer verkoopseisoen sal 21 Mei 2019 plaasvind.
Bron: BKB