in

Boere moet voedsel produseer, nie paaie herstel

Vrede-Memel pad

This post is also available in: English

Met die feesseisoen op hande en die groot somerreëns wat voorspel word, is talle boere regoor die Vrystaat besig om self paaie te herstel in ’n poging om vakansiegangers veilig te hou en insetprodukte vir die plantseisoen na hul plase te vervoer.

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê dat boere geen opsie het as om self in te spring en paaie te herstel nie aangesien die staat gesloer het om klein ontwikkelings kontrakteurs aangestel te kry om paaie te probeer herstel. “Buiten die kostes om landbou insetprodukte te vervoer, het talle boere ook breekskade aan voertuie gehad en dit het bygedra tot die geweldige hoë insetkoste dié seisoen.”

Armour het bevestig dat VL ʼn sterk bewoorde brief aan die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Verkeer gerig het waarin ’n beroep op die departement gedoen word om ontwikkelings- en werkskeppingskemas te stop en om terug te keer na die kontaktering van bekwame siviele ingenieursfirmas om die werk behoorlik te doen.

VL het op 23 November met die LUR vergader en beklemtoon dat die hulp van die boere om die paaie self te probeer rybaar kry nie volhoubaar is nie maar slegs uit nood gedoen word. Die LUR het op sy beurt boere gevra om hande te neem met die staat en saam die paaie aan te pak aangesien die staat nie meer oor fondse beskik nie. Die LUR het aangedui dat hy self ondersoek ingestel het na die “geel-vloot” wat deur VL aangemeld is. Hy het 40 padskrapers gekry en het onderneem om dit onmiddellik te ontplooi. VL het uitgewys dat deel van die swak prestasies van die “geel-vloot” ook die tekort aan ervare opgeleide padskrapers-operateurs is.

Francois Wilken, VL President, het tydens die vergadering aan die LUR uitgewys dat boere uitgeput is. “Boere ry snags self patrollie om hul landelike gemeenskappe te beveilig en ook hul vee op te pas. Dan is hulle ook nog op hulself aangewese om rampe soos brande en sprinkane self te bestry omdat die staat nie hul verpligtinge nakom nie. Daar kan nie van boere verwag word om nog paaie ook te herstel weens die staat se onvermoë nie.”

Wilken het benadruk dat boere se primêre rol die produsering van bekostigbare voedsel vir die mense van Suid-Afrika is.

VL het na aanleiding van ʼn regsopinie ’n versoek aan landbouverenigings gerig om hulle paaie in orde van lewensgevaarlikheid te rangskik wat dan aan hulle distrik paaiebeampte gekommunikeer word. Die departement kan dan potensieel aanspreeklikheid opdoen vir enige verdere skade deur paaie aangerig, as gevolg van ’n versuim om op te tree nadat die tekortkomings onder sy aandag gebring is

VL moedig padgebruikers aan om eise in te dien indien enige skade weens swak paaie aan voertuie veroorsaak is.

Die eisvorm is op VL se webtuiste beskikbaar by https://vrystaatlandbou.co.za/set-claims-against-bad-roads-and-lossesstel-eise-in-teen-swak-paaie-en-verliese/.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Toename in veediefstal aanmelding langs Lesothogrens

TLU SA maan boere: Fnuik veediefstal in dié feesseisoen