in

Boere kap misdaad deur tegnologie

source: videosurveillance.com

This post is also available in: English

Die Agri Securitas Trustfonds het onlangs geld vir die beskerming van boere en hulle plaaswerkers, deur gespesialiseerde tegnologie, bewillig. Dié geld van die Trustfonds en boere se planne help hulle om hulself en hul plaaswerkers teen misdaad en geweld te beskerm.

Tegnologies gevorderde kamerastelsels word in die Kiepersol- in Mpumalanga, Vierfontein- in die Vrystaat en in die Potgietersrusdistriks-landbou-unie gebied in Limpopo ontplooi om verdagte persone en voertuie in die gebied te monitor. Deur sulke kamerastelsels in te span wat deur ’n beheerkamer gemonitor word, verskaf die kameras in wese ’n permanente observasievermoë oor die hele gebied, waardeur misdadige aktiwiteite opgetel en daarop gereageer kan word.

“Die tegnologie wat as beskermingsmaatreël ingespan word, is nie ’n waarborg dat ’n plaasaanval of misdaad sal plaasvind nie,” sê Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds. “Maar dit kan ’n aanval vertraag of bemoeilik om die individu die geleentheid te bied om sodanige aanval of misdaad af te weer.”

Van die planne wat tegnologie insluit, behels integriteitskeuringstelsels soos die wat deur Agri Hertzogville in die Vrystaat ingespan word om die veiligheid van die gemeenskap te bevorder. Dié stelsel word gebruik om persone vooraf te identifiseer wat by kriminele aktiwiteite betrokke is en ’n moontlike veiligheidsrisiko vir die gemeenskap kan inhou.

“In ons boerderygebiede neem misdade soos veediefstal, die diefstal van skroot- en koperkabels, asook die vernietiging van plaasinfrastruktuur toe. Boere lei verder toenemende skade weens die diefstal van groot hoeveelhede plaasprodukte, landbou-insette en toerusting wat uit die gebied verwyder word wat ’n wesenlike invloed het op boere se winsgewendheid,” sê Grobler.

“Ons boere word blootgestel aan gewapende rowe met die gepaardgaande lewensverlies en trauma. Die Trustfonds probeer om met die finansiële bydraes op ‘n praktiese en tasbare wyse boere en plaaswerkers te ondersteun in hulle beskermingmaatreëls in die stryd teen misdaad.”

Die Trustfonds gee hiermee ook erkenning aan sy strategiese vennote; naamlik, Nissan SA, Sanlam, CrisisOnCall en Sonfin vir hulle jarelange ondersteuning van die Trustfonds. Maatskappye soos NWK, Senwes en Santam Landbou is jarelange borge van die fonds.

“Sonder hierdie ondersteuning sou dit ’n onmoontlike taak gewees het om ons boere en plaaswerkers te help beskerm”, sê Grobler.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

DIE JAARLIKSE AGRI GAUTENG EKSPO: Die bevordering van Landbou in Suid-Afrika

Dom Boer se (flou) lag vir die dag: