in

Boere kan reken op Shell

This post is also available in: English

Met die eerste NAMPO-skou wat in 1967 op die plaas Donkerhoek, buite Bloemfontein plaasgevind het, was een van die agt borge, die oliemaatskappy, Shell. Hierdie eerste skou is net deur 200 boere bygewoon, maar sewe jaar later toe die skou groot genoeg geword het om na sy eie terrein te verskuif, was Shell steeds daar. Die Shell-lokaal, vanwaar daar ook oor die terrein uitgesaai word, was die tweede gebou wat opgerig is en deur Shell aan die Oesdagkomitee geskenk is.
“Ons het ons vertroue in landbou gestel en ons loop die pad saam met die boere,” sê mnr Anton Niemann, hoofbestuurder: Kommersiële Brandstof. Shell is immers al 109 jaar in Suid- Afrika en die landbougemeenskap koop ongeveer 20% van die maatskappy se brandstof. Ook wat Shell se uitmuntende reeks smeermiddels betref, het die landbou ’n groot markaandeel.
“Eintlik praat ons net van die boere self en nie eers van al die sekondere bedrywe wat verder af in die voorsieningsketting ons produkte gebruik nie,” sê Anton.
Die maatskappy se sakemodel is onlangs verander sodat boere meer doeltreffend bedien kan word. Die verspreiding en verkope word deur agentskappe hanteer sodat elke boer vinnig en doeltreffend bedien kan word.
Geen boer kan bekostig dat sy stroper of trekker op die land bly staan omdat daar nie vinnig brandstof gekry kan word nie en as ’n baler ’n bietjie ghries kort, moet dit byderhand wees!
Shell se waardeproposisie gaan nie net oor die beskikbaarheid van produkte nie, maar ook oor die gehalte. Anton se: “Ons sal altyd aanhou met navorsing om te sorg dat ons aan boere net die beste produkte lewer wat tot skoner verbranding en meer doeltreffende smering lei, sodat boere geld kan spaar.”
Shell se Diesel Extra met sy bymiddels wat sorg dat elke druppeltjie diesel doeltreffend verbruik word, jou enjin skoon gehou word en hervullling bespoedig word deurdat dit nie skuim nie, het ’n omwenteling in die mark teweeg gebring.
“Dit gaan nie net oor besparing nie, maar ook oor die beskerming van die omgewing,” sê Anton.
Hy se Shell het baie respek vir die omgewing en is ernstig oor veiligheid. Wereldwyd word Shell as ’n oliemaatskappy beskou wat maatstawwe stel vir verantwoordelike optrede. “Ons vlak van maatskaplike verantwoordelikheid is van die hoogste in die wereld.”
Dit is ook waarom Shell die moratorium wat die Suid-Afrikaanse regering op eksplorasie-aansoeke in die Karoo gestel het, verwelkom.
Die maatskappy se in ’n verklaring ter wille van energiesekuriteit behoort die regering ’n wye verskeidenheid van partye te betrek by die studies wat onderneem word om te verseker dat die land ’n gebalanseerde besluit kan neem of skaliegasbronne verantwoordelik ontgin kan word en of natuurlike gas ’n groter rol in Suid-Afrika se toekomstige energiemengsel moet speel.
“Daarom respekteer ons die besluit om ’n moratorium op aansoeke te plaas en verwelkom ons die studies wat onderneem gaan word.
“Shell wil graag beklemtoon dat ons oortuig is dat ons enige potensiele skaliegasbronne in Suid-Afrika veilig en verantwoordelik kan ontgin, soos ons dit elders in die wereld gedoen het.”
Anton voeg by: “Boere moet verstaan dat ons hulle vrae en besware baie ernstig opneem. Ons het 6 300 bydraes met vrae en kommentaar van verskeie belanghebbendes ontvang, wat aangespreek is in ons Omgewingsbestuursplan wat aan PASA voorgele is.”
Die maatskappy het van die begin af die regte prosedure gevolg en sal voortgaan om dit in openbare belang te doen. Die feit is dat Suid-Afrika meer energie en skoner energie nodig het en indien die gasvoorraad in die Karoo in hierdie behoefte kan voorsien, sal die regering vroeer of later toestemming moet gee vir die ontginning daarvan. In hierdie stadium is niemand nog seker hoeveel gas daar werklik is nie, want nie een van die maatskappye wat belangstel om toetsgate te boor, het al toestemming gekry om voort te gaan nie.
Anton sê die nasionale debat wat ontstaan het, gaan verseker dat genoeg druk op die regering en maatskappye geplaas word om die regte besluite te neem.
Ondertussen gaan Shell voort om sy bande met boerdery te versterk en ook iets terug te gee aan sy verspreiders en klante. Shell is die enigste brandstof- en oliemaatskappy wat ’n vennoot van Agribonus is en daardie noodsaaklike aankope van diesel en smeermiddels beteken punte in die boer se sak. In terme van Agribonus se stelsel beteken dit bonustyd!
Vir meer inligting oor die punte wat dieselaankope kan verdien, besoek www.agribonus.co.za. Boere wat al die feite oor die ontginning van skaliegas in die Karoo wil he, kan die volgende webwerf besoek: www.shell.co.za/karoo.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Staalmeester-kerf-sy-pad-oop

Groen akkoord is goeie nuus vir boere