in ,

Boere hoef nie meer vir spek en boontjies te boer nie: Valtrac maak oestyd maklik vir boneboere

Groot en lonende moontlikhede wink vir boneboere wat die probleme van droëboonproduksie kan oorkom. Die probleme is hoofsaaklik dat droëboonboerdery tradisioneel arbeidsintensief is, wat sake vir Suid-Afrika se boere moeilik en riskant maak; en dat bone wat gereed is om geoes te word, se peule oopspring sodat die pitte op die grond verlore gaan. Valtrac bied al 20 jaar lank ՚n sakpas oplossings vir boneboere om bone meer doeltreffend en lonend te oes en hulle volle opbrengs te herwin.

Kyk net hoe werk dit:

Die grootste droëboonprodusent in Mpumalanga in die Middelburg-distrik, Gideon Anderson, het sy boerdery destyds deeltyds op 50 ha huurgrond met geleende werktuie begin. Oor die jare heen het sy boerdery uit- gebrei en vandag bestaan Gideon se saaiboerdery, bekend as Zonnebloem Boerdery, 5 650 ha droëlandgewasverbouing, onder meer 4 000 ha mielies, 1 100 ha sojabone en 550 ha droëbone (rooigespikkelde suikerbone). Gideon boer ook met 980 beeste.

Gideon Anderson, eienaar van Zonnebloem Boerdery, saam met Wayne Swart, streeksbestuurder van Valtrac, Mpumalanga by die Colombo Double Master V-bonestroper wat saam met die Pickett-bone-uithaler van droëboonboerdery ՚n sinvolle en lonende bedryf maak.

Gideon sê: “Ek wou nog altyd net boer; ek plant bone al van 1992 af. Vandat ek met my 50 ha huurgrond begin boer het tot vandag toe plant ek nog altyd oor die jare heen bone. My filosofie in die lewe is as jy in die bonebedryf is, is jy in die bonebedryf — jy spring nie in en uit nie. “Ons kon nog nooit genoeg bone produseer vir die land se verbruik nie. Bone is ՚n baie winsgewende gewas, maar aan die ander kant ook ongelukkig die gewas met die hoogste insetkoste per hektaar droëland en met ՚n hoë risiko. Net soos met enige gewas waarmee jy boer, sal jy altyd uitdagings in die oë staar; alle bedrywe het siklusse. Die boer wat vandag suksesvol bone plant, het iets spesiaals. Jy moet lief wees daarvoor en jy moet dit wil doen. As jy die maklike uitweg soek, gaan jy nie bone plant nie,” voeg Gideon by.

Kirch Muller, hoof-uitvoerende bestuurder van Zonnebloem Boerdery, saam met Wayne Swart van Valtrac.

Kirch Muller, Gideon se regterhand, is die hoof-uitvoerende bestuurder van Zonnebloem Boerdery se Hoëveldvertakking. Hy is reeds 13 jaar in diens van Zonnebloem Boerdery waar hy as voorman begin werk het. Onder sy bestuur is presisieboerdery by Zonnebloem Boerdery gevestig en dit word steeds toegepas. Kirch was ook in 2021 as Mpumalanga se 2021 Toyota SA, Santam Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys.

Maar hier kom die sleutel tot suksesvolle droëboonproduksie:

So maklik soos val uit ՚n boom. Jy draai die sitplek en kontroles maklik en gerieflik om. Ry agtertoe net so goed soos vorentoe.

Zonnebloem Boerdery se pad met Valtrac het meer as tien jaar gelede begin. Vandag bestaan Zonnebloem Boerdery se vloot uit sewe Valtra trekkers, en vier Pickett One Step Ahead-bone-uithalers. Hulle gebruik ook vyf van Valtrac se Colombo Double Master II- en een Colombo Double Master V bone- en grondbonestropers.

“My verhouding met Valtrac het maar deur my liefde vir die bone gekom,” vertel Gideon. “Ek het aanvanklik begin met die vier-ry sleep-Pickett om die bone mee uit te haal. Oor die jare het ek besef dat een van die nadele van die sleep-Pickett is dat die drywer nie kon sien waar hy werk nie. Hy kon nie sien wanneer die Pickett aanpak of as daar enige probleme is nie. My verliese was baie meer met die sleep- as stoot- Pickett. Die stoot-Pickett is ՚n baie groot verbetering op die ou sleepmodelle en dan, natuurlik, die Valtra trekkers daarmee saam is beslis ՚n wenkombinasie.”

՚n Pickett-bone-uithaler en ՚n Valtra-trekker met sy trustuurfunksie beteken dat nie net die doeltreffendheid van die boneuithaalproses verbeter word nie, maar dat die boer ook tyd, koste en brandstof bespaar.

Toe Gideon sy eerste stoot-Pickett gekoop het, het hy ook sy eerste Valtra trekker gekoop. ՚n Unieke eienskap van die Valtra trekkers is dat hulle aanhoudend agteruit kan werk, sonder om betroubaarheid of werkspoed te benadeel. Daar is ՚n ingeboude trustuur en sitplek wat kan omdraai.

Gideon sê: “Die grootste voordeel van hierdie funksie vir ons boerdery, is dat die Pickett reg aan die bestaande drie- puntstelsel gehaak kan word, en geen spesiale toerusting of aanpassings word benodig nie. As die stoel omgedraai is, is die operateur in staat om so naby as moontlik aan die Pickett te sit, sodat hy presies kan sien wat met die bone gebeur. Hy het ook beter beheer oor die Pickett-uithaler aangesien die trekker en uithaler as ՚n eenheid beweeg. In ons boerdery het dit sommer ՚n baie groot verskil gemaak, nie net om die bone meer doeltreffend uit te haal nie, maar ook om kostes te bespaar.”

Wayne Swart, streeksbestuurder vir Valtrac Mpumalanga, voeg by: “Kundiges staaf dat jy met die stoot-Pickett 12% op tyd en 11% op brandstof bespaar.” Dit verander die prentjie van boneboerdery drasties ten goede.

So werk die Pickett:

Die Colombo Double Master II-bonestroper lewer silwerskoon bone.

Skepvingers tel die plante met peule en al sagkens op en plaas dit op die Pickett se vervoerband wat dit in ՚n netjiese ry neersit, gereed vir die bonestroper om sy werk te doen. Dit gebeur alles reg onder die operateur se oë sodat hy kan seker maak die proses verloop vlot. Wat meer wil jy hê?

Die Colombo Double Master-sleepstropers tel dan die droëbone in die rye op en dors dit. Daaroor sê Gideon self: “Die gehalte van die bone wat die Colombo Double Master II en V lewer is onverbeterlik; my monster is silwerskoon.”

Gideon was een van die eerste Hoëveldboere wat ՚n Double Master V gekoop het. “Dit is ՚n fantastiese masjien met ՚n enorme kapasiteit. Die Double Master II verkies ek in lande wat gekontoer is. Die Double Master II is vir my boerdery gerieflik, eenvoudig en lekker kompak; hy loop agter die trekker en is maklik om van een land na die ander te skuif,” sê Gideon.

Die Valtra T234 V-trekker het lag-lag agter die Pickett One Step Ahead-bone-uithaler ingespring en die bone vinnig en flink uitgehaal, sonder om enigiets te mors.

Die Colombo-masjiene is baie eenvoudiger as selfloopstropers en maklik om te onderhou. Op ՚n gewas wat hoë slytasie veroorsaak soos bone, bespaar dit baie geld. “Ek glo in Valtrac se produkte, ek vertrou die produkte; hulle produkte maak my boerdery makliker en die werktuie werk. En op Valtrac se mense kan ek altyd reken vir kundigheid en stipte, bekwame diens,” sluit Gideon af.

Vir meer inligting kontak Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308, of stuur ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

What do you think?

2 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Vir ‘n ferm en egalige saadbed, kry LEMKEN se Rubin 12 en Karat 9

ProAgri SA 266