in

Boere benodig meer ondersteuning

This post is also available in: English

Agri SA wil sy medelye met die naasbestaandes van Gezina Bruwer na ‘n plaasaanval betuig.

Die boeregemeenskap in die Molopo- en Noordwes-provinsie is geskok deur die brutale moord op Gezina, vroeg Vrydagoggend, op hulle plaas in die Molopo-gebied. Die verdagtes het na die moord oor die grens na Botswana gevlug. Agri SA wens die geliefdes alle sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

“Die voortgesette wrede plaasaanvalle op die landbou-gemeenskap wat ‘n produktiewe bydrae tot die land se ekonomie maak en voedsel aan miljoene mense voorsien, moet uit alle oorde veroordeel word,” sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid: Landelike Veiligheid.

“Boere en plaaswerkers voel geïsoleer en leef daagliks in vrees.”

Boere ly onder die gedurige wydverspreide druk van plaasmisdaad. Landelike gemeenskappe is sagte teikens vir misdadigers en daarom is ‘n groter mate van paraatheid tuis en betrokkenheid by plaaslike gemeenskapsbeveiliging-strukture nodig.

“Boere benodig dringend die daadwerklike ondersteuning en optrede van hulle plaaslike polisie en die versekering dat die strafregstelsel doeltreffend funksioneer.

Agri SA doen ‘n beroep op enige persoon met inligting om na vore te kom, sodat die aanvallers spoedig aangekeer kan word.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bek-en-klouseer kom op ‘n baie slegte tyd

Dom Boer se lag vir die dag: