in

Boer slim met Timac Agro SA

deur Tiny Smith

This post is also available in: English

Boere van die Kaap tot in die noorde kon die afgelope twee weke eerstehands kennis maak met Timac Agro se uitstekende produkte vir plante en diere. Die Timac Agro SA-span het ‘n Ry-en-Wys-skou aangebied wat begin het in die Wes-Kaap op die Delsma Plaas, ‘n draai deur die Vrystaat gemaak het met ‘n skou in Bloemfontein by die Universiteit van die Vrystaat, in Kwazulu-Natal by St Ives Lodge en geëindig het in Pretoria by Onderstepoort.

ProAgri het die geleentheid by Onderstepoort bygewoon. Tiny Smith van ProAgri staan hier by Eloni Ludwik en Jandre van der Westhuizen van Timac Agro. 

Francois Wolfaardt, bemarkingsbestuurder van Timac Agro SA, het almal verwelkom en die dag se program aangebied. Hy het ook genoem dat Groupe Roullier, Timac Agro se houermaatskappy, die jaar hulle 60ste bestaansjaar vier, in meer as 120 lande teenwoordig is en daagliks meer as 20 000 boere bedien.

Op die Ry-en-Wys-skou is die verskeidenheid produkte wat Timac Agro SA boere kan bied, bekend gestel. Die reekse sluit plant- en diervoeding in. Die klem van die skou het op die D-Coder-enkelkorrelnitraat en die Calsea-lekblokaanvulling geval.

Francois het D-Coder se voordele en aanwending verduidelik en vergelykings gewys oor die doeltreffendheid van die produk vir boere wat slim wil boer met tegnologie.

Karel Prinsloo, wat Timac Agro in die sentrale- en noordwes-streke verteenwoordig, het die voordele van elke soort Calseablok verduidelik en hoe dit elke veeboer se lewe baie makliker kan maak. Die reeks Calseablokke kan ook deur wild- en varkboere gebruik word.

Jan-Hendrik Muller van die oostelike streek het terugvoering gegee oor boere wat Timac Agro se produkte gebruik het. Die getuienis van boere oor die hele landbouspektrum bevestig die volgende:

  • Melkproduksie is op, help met uiergesondheid.
  • Beeste hou kondisie tydens droogte.
  • Goeie groei by skape.
  • Verbeter reproduksie by alle diere.
  • Wildboer sien duidelike verbetering.
  • Toetse bewys dat die haarwortels van plante uitstekend verbeter.
  • Opbrengs verbeter en plante toon beter gesondheid.
  • Spanningsverligting by varke.

Onder die bestuur wat die dag bygewoon het was Jean-Baptise Sallabery, Afrika-bestuurder van Groupe Roullier; Olivier Duval, besturende direkteur, Timac Agro SA en Jandré van der Westhuizen, sake-ontwikkelingsbestuurder, Timac Agro SA.

Die dag is afgesluit met ‘n prettige lekblok-gewigstootkompetisie waar die gaste moes kyk hoe ver hulle ‘n Calseablok kon gooi, waarna almal bederf is met ‘n uithaler-middagete.

Hou www.proagri.co.za dop vir meer nuus oor Timac Agro SA se slim produkte.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Staatsrede 2019: Landbou verdien die gesamentlike ondersteuning van regering

Eerste balerwedstryd: Bieliebalers wys hulle staal