in ,

Boer meer produktief, gemakliker en groter . . . Die keuse lê by jou

This post is also available in: English

As wêreldleier in landboutegnologie spits John Deere hom daarop toe om boere te help met die uitdagings van landbou.

Die 8R-reeks trekkers is die grootste, sterkste en slimste trekkers nog wat deur dié internasionale plaastoerustingvervaardiger ontwikkel is en bied uitsonderlike keuses wat elke boerdery in staat stel om meer produktief te wees met behulp van die nuutste tegnologie, saamgevat in ՚n buitengewone ervaring.

Tegnologie is die kernpunt van ՚n doeltreffende en volhoubare landbouonderneming en daarom het John Deere met die ontwerp van die 8R-reeks seker gemaak dat tegnologie ook die gebruikservaring van die trekkers verhoog. In die huidige ekonomiese omstandighede is dit vanselfsprekend om jou sente om te draai, en dan soms nog weer ՚n keer. Vir jou masjinerie om vir jou die beste resultate te lewer, moet jou masjien geoptimaliseer word tot jou voordeel, en John Deere is daar om jou daarmee te help.

Slim en bruikbare ratkastegnologie maak dit maklik om met die 8R-reeks te werk. Die 8R-trekker bied ՚n wêreldklas kragoordrag-opsie. Met die rewolusionêre e23™-transmissie kan jy tussen drie verskillende kragoordragstelsels kies, waarvan Efficiency Manager™ ՚n gunsteling is. Die John Deere Automatic PowerShiftratkas met sy 16 vorentoe- en 5 truratte maak reeds van trekkerbestuur ՚n groot genot. Die ratkas skakel vanself oor na laer of hoër versnellings soos toestande dit vereis.

Wanneer die trekker sy draai op die wenakker maak, skakel die ratkas self terug om die enjinomwentelinge laer te hou. Die AutoPowr-ratkas verseker ook groter trekkrag teen laer snelhede om meer hektaar per uur te bewerk en om die versnelling te kies wat die beste brandstofdoeltreffenheid vir elke taak bied. Terselfdertyd sorg uitlaatgashersirkulasie vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting.

As jy op soek is na die betroubare meganiese trekkrag van PowerShift, asook die outomatiese vermoë van AutoPowr/IVT, is die e23 die regte keuse vir jou. Met 23 vorentoe en 11 agtertoe ratverwisselings, kombineer die e23 geleidelike ratverwisselinge met die regte hoeveelheid kraglewering.

Deur die gebruik van outomatiese kenmerke soos die AutoClutch, Efficiency Manager, volledige AUTO Mode, Custom Mode, en Eco Mode bied AutoPowr/IVT presisie in ՚n PowerShifttransmissie. Die 8R-reeks is in vyf wieltrekkers en drie rusperbandmodelle beskikbaar. Die internasionaal bekroonde 8RX-model is die eerste vasteraamtrekker met vier rusperbande en is spesiaal ontwerp om die grond te beskerm sonder om doeltreffendheid in te boet. Dit het die minste grondverdigting van trekkers in sy klas, met ’n maksimum spoorwydte van 3 meter.

Die kajuituitleg laat die boer toe om selfs nog meer ure te werk sonder dat hy dit eers agterkom. Vir sigbaarheid, gemak en gerief is daar verskillende pakkette beskikbaar. Die 8R-reeks bied drie kajuitgeriefspakette: Select, Premium en Ultimate. Die nuwe eienaar kan dus uitsien na gemakeienskappe soos lugverkoeling, ՚n leersitplek, draaistoel om sigbaarheid van werktuie agter die trekker te verbeter, ingeboude yskas en Bluetooth-verenig­bare klanksisteem. Die stilering en gerief van die nuwe 8R-reeks se kajuit plaas dit in klas van sy eie. Praktiese verbeterings is groter trappe, ’n laer buitedeurhandvatsel, ’n wyer ingang en meer kopruimte.

Gebruiksgerief word verder moontlik gemaak deur die ILS (Independent-Link Suspension of Onafhanklikeskakel-veerstelsel). Met die gevorderde ILS-stelsel hoef die trekkeroperateur nie self te besluit of die stelsel aan of af moet wees nie. Die gevorderde John Deere elektroniese bestuurstelsel besluit self wanneer die stelsel aangeskakel moet word. Die ILS-stelsel gee meer kraglewering omdat die voorwiele grondkontakdruk behou. Dit sorg vir rygerief in die lande en ook op paaie, verhoog die aanpasbaarheid van gewigtebelading en verlaag die ge­neigdheid tot kragwip drasties.

Produktiwiteit en lang skofte loop hand aan hand en daarom gee John Deere se 8R-reeks baie aandag aan sigbaarheid. Vir nagwerk het die trekker genoeg ligte om die donkerte reg rondom die trekker in lig te omskep. Die 360º-LUD-beligtingstelsel is 60% helderder as vantevore. Sonskerms vir die dag en kameras voor en agter die trekker help verder om sigbaarheid te verbeter.

Hoekom nog wag en uitstel?

Kontak of besoek jou naaste handelaar vandag om die verskillende opsies wat die 8R-trekkers bied te bespreek en neem die besluit om meer produktief, doeltreffend en gerieflik te boer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

LEMKEN

LEMKEN verseker laer insetkoste en hoër opbrengs

APAC: Biosekuriteit is die sleutel tot internasionale handel