This post is also available in: English
Spoed en werksgerief is deesdae op enige plaas baie geld werd en Bonnox se heinings is ’n uitstekende toonbeeld daarvan. Hulle is wyd bekend dat hulle loshande aan al die vereistes van ’n moderne boer en sy plaas voldoen.
Peter Thomas en sy seun, Tyrone, boer buite Mooirivier in Natal en hulle het groot planne om hulle plaas, Oaksprings Farm, in ’n bewaringsgebied te omskep om veral die skaars diere en voëls in die gebied te beskerm en te teel. Twee van die bedreigde spesies wat reeds op die plaas voorkom, is kraanvoëls en oorbietjies. Daar is ook ’n pragtige drafroete wat deur die plaas loop.

Op Oaksprings Farm is daar ’n melkverwerkingsfabriek, Oaksprings Dairy, ’n Bonsmara-kudde en die kommersiële bloekomplantasie, Smiqae. Daar moes dus fyn beplan word om die bewaringsfunksie op die plaas te integreer en verkeerde elemente buite te hou. Goeie heinings maak goeie bure en omdat baie van die plaaslike gemeenskap se diere teen hulle plaas wei, moes ’n heining gekies word wat die diere daadwerklik buite kan hou. ’n Stewige en doeltreffende heining was dus die enigste opsie om hierdie fyn balans suksesvol te laat werk: Bonnox.

Almal in ons gebied ken Bonnox en dit was die eerste en enigste roete wat ons gevolg het,” sê Tyrone. In Maart verlede jaar het hulle 18 kilometer van Bonnox se 2,4-meter wildsheining aangeskaf en begin om die plaas toe te span. “Ons het heelwat gratis rolle gekry as deel van hulle spesiale aanbod en ook Bonnox se spesiale trekklamp gekoop wat die taak soveel makliker gemaak het.
Ek het twee kontrakwerkers gekry wat binne twee maande die heining voltooi het. Hulle het die prosedure gou onder die knie gekry en kon ’n netjiese en mooi resultaat lewer,” sê hy.

In plaas van ysterpale wat baie maklik voete kry, het Tyrone behandelde houtpale gekoop vir die stutpale. Hulle het ook elke 5 meter ’n houtspar ingesit wat die heining ’n stewige en afgewerkte voorkoms gee.
Peter onderhandel tans om die buurplaas, wat diep in hulle grond insteek, by die staat te koop sodat hulle die gedeelte ook kan toespan. Dit sal ’n verdere 4 kilometer heining wees voordat die projek finaal voltooi is.

Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za om jou prysberaming aan te vra.

onderste draad is sodat diere nie
onderdeur kan kruip nie.

