in ,

Besproei sonder inperkings met Irrigation Unlimited

This post is also available in: English

Besproeiing sorg dat jy ՚n oes kan maak ten spyte van droogte, maar besproeiing het ook sy beperkings. Besproeiingstelsels soos spilpunte
gaan gepaard met ՚n groot insetkoste en die instandhouding en bedryfskoste moet dan ook nog in berekening gebring word. Dan is daar ook uitvalhoeke wat droog en onbenut bly omdat plase nie in sirkels uitgelê is nie, maar eerder in vierkante en reghoeke.

Dit is ook dikwels te duur vir kleiner boere om spilpunte op die plaas op te rig. Ander soorte besproeiing soos mikro- of drupbesproeiing kan nie op graangewasse gebruik word nie. Hierdie soort stelsels is ook baie arbeidsintensief en verg gewoonlik meer toerusting soos pype en filtreerders.

Roy Maharaj van Weenen se Ocmis-kruipspuite help hom om vooruit te boer deur die plante water te gee wanneer hulle dit die nodigste het.

Irrigation Unlimited bied ՚n alternatief. Hulle reeks Ocmis-kruipspuite stel selfs die boer met een of twee hektaar in staat om doeltreffend en winsgewend te besproei. Een so ՚n boer is Roy Maharaj wat by Weenen
met aartappels, sitrus en mielies boer. Roy besproei al die afgelope drie jaar bykans honderd hektaar met sy vyf Ocmis-kruipspuite – en dit is ՚n groot sukses. Roy verduidelik dat hy nog nooit probleme ervaar het met Ocmis-spuite wat breek nie.

“As jy mooi na die toerusting kyk, dan kyk dit mooi na jou,” vertel Roy. Hy besit vier R2/2 Ocmis-spuite en een R1/1 Ocmis. Die deursnit van die R2/2s se pype is 100 mm en hulle is 300 meter lank. Daarteenoor het die Ocmis R1/1 ՚n pyp met ՚n deursnit van 75 mm en 220 meter lank.

Verskillende groottes spuitstukke kan op die Ocmis-kruipspuite aangebring word. Hierdie spuitstukke wissel tussen 16 mm op die kleiner modelle soos die R1/1 tot 30 mm op die R2/2. Roy het besluit om sy Ocmis-spuite aan te skaf nadat hy gesien het hoeveel sukses een van sy bure, Dirk van Zuydam, daarmee gehad het.

Die plaaslike verskaffer van die spuite in die omgewing is Weenen Agri, waar die bekwame Louis du Plessis in beheer van sake staan. Louis verduidelik dat die maatskappy al vanaf 2008 bestaan en as agent vir Irrigation Unlimited in die gebied optree. Om ՚n Ocmis-spuit aan te skaf en in te span om droogte te troef is so maklik soos melktert eet, sê Louis:
“Kom praat net met ons en ons bestel jou Ocmis-kruipspuit by Irrigation Unlimited. Wanneer hy aankom, lewer ons hom op jou plaas af en help jou om hom in bedryf te stel.”

Louis hou ook genoeg algemene besproeiingstoerusting in voorraad om
seker te maak dat sy kliënte nooit hoef te wag vir onderdele nie. So sorg hy dat daar altyd water in Weenen is. Ocmis-spuite is ook so ontwerp dat alles redelik eenvoudig werk en ook maklik herstel kan word as daar iets sou verkeerd loop. Boere kan ook enige onderdele regstreeks van Irrigation Unlimited af bestel as hulle wil.

Kontak Tobie van den Heever by 012-736-1212 of stuur ‘n e-pos aan tobie@iunlimited.co.za om jou nuwe Ocmis-kruipspuit of onderdele te bestel. Besoek ook die webwerf by www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor die verskillende modelle wat beskikbaar is om aan elke besproeiingsbehoefte te voldoen.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

‘n Geldige spilpuntkeuse: Reinke se verpakkingsaanleg in Durban het voorraad vir Afrika

John Deere gee die pas aan: Wat vereis die toekoms van landbou?