in ,

Besoek Goscor by NAMPO vir die beste tegnologie

Goscor-kragprodukte - Vuurvegter met Weima-dieselenjin.

This post is also available in: English

Gehalte, betroubare oplossings en diens aan die boer is Goscor se mikpunte. Goscor bied boere die voordeel van net die beste internasionale meganisasie-oplossings, gerugsteun deur kundigheid en die flinkste diens.

Hier is ‛n voorsmakie van Goscor se verskillende produkreekse wat by NAMPO (15 tot 18 Mei 2018) bekyk, bevoel en betas kan word:

Goscor-skoonmaaktoerusting

Goscor is die alleenverskaffer van die betroubare Italiaanse hoёdrukwassers, genaamd Maer. Die Maer-reeks sluit die volgende in: elektriese, petrol- en dieselaangedrewe weergawes vanaf 220 tot 380 V en drukgraderings vanaf 100 tot 500 bar.

“Die landboubedryf is ’n tradisionele mark vir hoёdrukwassers, want boere moet verseker dat hulle duur masjinerie soos stropers, spuite en trekkers daagliks in stand gehou word deur vuil deeltjies, stof en algemene vuilgoed te verwyder,” sê Goscor se nasionale verkoopsdirekteur, Peter Esterhuizen.

Hoëdrukwassers is ook ’n noodsaaklikheid vir veeboere omdat varkhokke, hoenderhokke en melkstalle aan plaaslike en internasionale higiëne- en sindelikheidstandaarde moet voldoen. Tydens NAMPO gaan Goscor se hoёdrukwasserspesialis, Juan du Toit, by die standplaas wees om boere se vrae te beantwoord.

Goscorgrondverskuiwingstoerusting

“Goscor se grondverskuiwingstoerusting, naamlik SANY, is ’n redelik nuwe byvoeging tot die Goscor-reeks,” sê André Steenkamp, nasionale verkoopsbestuurder.

SANY is ’n Sjinese vervaardiger en hulle reeks sluit in: masjiengrawe, (pad)skrapers, starre stortbakvragmotors, voorlaaigrawe, rollers, straatmakers, straatstampers, hyskrane, hawemasjinerie, heipaaldrywers en betonpompe.

SANY het 25 vervaardigingsaanlegte en hulle toerusting word na 150 lande uitgevoer. Die SANY-masjiengraafreeks in Suid-Afrika se modelle begin by die SY75 en gaan nou selfs tot so swaar soos die SY750 van 75 ton. Die boer sal meer in die kleiner masjiene belangstel wat by SY75 begin. Hierdie is ’n 7,5 ton graaf en dit grawe slote beter as enige TLB. Die masjien is lig en kan maklik van plek tot plek vervoer word. SANY-masjiene het Isuzu-enjins, wat beteken dat onderdele maklik bekombaar en bekostigbaar is.

Bobcat

“Bobcat is die perfekte oplossing vir talle probleme,” sê Brian Rachman, hoofbestuurder van Goscor in KwaZulu-Natal. Bobcat, is die nommer een kompakte materiaalhanteringsmasjien in die wêreld. Dit word in Amerika en Europa gebou en een van hulle reeks masjiene sal perfek by jou behoefte pas. Die reeks sluit in: glystuurlaaigrawe, kompakte graafmasjiene, teleskopiese hanteerders en trekskoplaaigrawe.

“Ons masjiene kan alle soorte materiaal vir alle tipes werk na hoogtes van tot 18 m oplaai,” sê Brian.

Bobcat het die beste herverkoopwaarde, die grootste modelreeks in sowel masjiene as aanhegsels, lae bedryfskoste, goeie naverkopediens, is veelsydig en is beskikbaar teen uiters mededingende pryse.

Goscor-vurkhysers

Hierdie eenheid van Goscor verskaf al meer as 30 jaar lank betroubare toerusting aan boere en ’n bekwame tegniese ondersteuningspan sorg dat die toerusting altyd flink aan die werk bly. Net betroubare vurkhysers en pakhuistoerusting soos die Doosan- en Crown-handelsmerke, word verskaf en enige boer wat produkte of toerusting in pakhuise wil verskuif kan op Goscor se toerusting reken.

Goscor-verhuringsmaatskappy

Indien die boer nie voltyds toerusting op sy plaas nodig het nie, is Goscor se verhuringsmaatskappy net die plek vir hom. Die verhuringsmaatskappy verhuur vurkhysers en hulle verkoop ook tweedehandse opgeknapte vurkhysers.

Goscor-kragprodukte

Goscor-kragprodukte versprei vyf groot handelsmerke, genaamd Weima, Rato, Lutian, H-Power en Meiwa, wat almal vanjaar by NAMPO te sien gaan wees. Verlede jaar se onthulling van die Weima-dieselenjinreeks van 2,98 tot 9,69 kW word aangevul met die nuutste bekendstelling van ’n splinternuwe hoëdrukbrandbestryder met ’n dieselenjin van 2,98 kW.

“Dit sal die volle omvang van die Weima-dieselreeks vir die boerderygemeenskap demonstreer,” sê Mark Bester, besturende direkteur van Goscor-kragprodukte.

Goscor-vuurvegters werk teen ’n drukking van 35 tot 50 bar met ’n vloeitempo van 20 tot 41 liter per minuut en is beskikbaar met tenkgroottes van 620 tot ’n 1 000 liter.

“Ons het reeds ’n petrolaangedrewe vuurvegter en het besluit om, spesifiek vir die landboubedryf, ’n nuwe dieselweergawe bekend te stel. Dit gaan nie net die brandstofkoste verminder nie, maar is ook ’n veiliger opsie,” se Mark.

“Ons bied nie net gehalte produkte aan nie, maar ons pryse is ook baie mededingend. Ons verstaan dat die landboubedryf die afgelope tyd swaar trek en daarom is ons bly dat ons produkreeks die mees bekostigbare opsie vir ’n boer is,” sê Mark.

Goscor-druklugstelsels

Goscor-drukstelsels is trotse verspreiders van die Sullair- en Ozen-druklugstelsels en -konstruksietoerusting. Hulle versien en herstel ook alle soorte groot kompressors. Die toerusting wat beskikbaar is: kompressors, vakuumpompe, droërs en filters, konstruksietoerusting en draaiskroefaanjaagpompe.

Moet dit nie misloop nie! Besoek Goscor by NAMPO vir ’n wye verskeidenheid produkte teen baie bekostigbare pryse en spesiale aanbiedinge.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

’n Wolbedryf-ontwikkelingsfonds: Meer mag in die hande van boere

Iveco

Iveco: “Die beste vragmotor teen die beste prys”