in ,

Besoek Goscor by NAMPO op standplaas C17 waar ons die beste gehalte nywerheidsprodukte en masjiene ten toon stel

This post is also available in: English

Groot verrassings wag op boere wat vanjaar Goscor se uitstalling by NAMPO besoek. Goscor bied boere die voordeel van net die beste internasionale meganisasie-oplossings, gerugsteun deur kundigheid en toegewyde diens.

As jy op soek is na die beste herverkoopwaarde, goeie naverkopediens, gehalte produkte en mededingende en goeie pryse, is Goscor die plek vir jou.

Hier is ‛n lusmakertjie van Goscor se tien verskillende produkreekse wat by NAMPO (14 tot 17 Mei 2019) gaan wees:

Goscor Power Products

‘n Kragopwekker wat Goscor by NAMPO
gaan bekendstel.

Goscor-kragprodukte versprei groot handelsmerke, genaamd Weima, Rato, Lutian, CSM Mixers en Meiwa, wat almal vanjaar by NAMPO te sien gaan wees. Dit is spesifiek gemik op die boer se behoeftes soos waterpompe, vuurvegters, enjins en kragopwekkers. Hulle stel vanjaar by NAMPO hulle dieselkragopwekker bekend wat net die oplossing is vir Suid-Afrika se beurtkragprobleem.

“Ons nuwe dieselkragopwekkers se reeks strek vanaf 5 kVA tot 110 kVA, wat vanaf stil tot superstil wissel,” sê Mark Bester, besturende direkteur van Goscor-kragprodukte.

“Die kragopwekkers is ook met outo-aansitters toegerus, wat beteken dat die kragopwekker onmiddellik vanself aanskakel tydens ՚n kragonderbreking en outomaties afskakel sodra ESKOM se kragvoorsiening hervat word. Die produk is spesifiek gemik op die landboubedryf wat ononderbroke krag verlang, soos melkerye.” Hy voeg by dat hulle groot aantrekking definitief die prys is, want daar is ՚n spesiale bekendstellingsprys by NAMPO.

Die WM6000CES-kragopwekker.

Bobcat SA

“Die landboubedryf is belangrik vir Bobcat en daarom is die blootstelling wat ons by NAMPO kry baie belangrik vir ons handelsmerk,” sê Brian Rachman, nasionale verkoopsbestuurder van Bobcat Equipment SA.

Bobcat is die nommer een kompakte materiaalhanteringsmasjien in die wêreld. Die reeks sluit in: glystuurlaaigrawe, kompakte graafmasjiene,  teleskopiese hanteerders en trekskoplaaigrawe.

Meer oor Bobcat se produkte

Die Bobcat B730 is ՚n veelsydige, geenfieterjasie trugrawerlaaigraaf vir slootgrawe, uitbreekwerk, laaiwerk en die hantering van materiale. Dié gedugte masjien se weneienskappe sluit in:

• ՚n Turbo-aangejaagde enjin wat 73,5 kW lewer

• PowerShift-kragoordrag

• 18-duim voorbande

• Tweewielstuur

• Voortreflike uitbreekkrag met dubbellaaiskopsilinders

• Verlaagde onderhoudskoste met ՚n bouttipe silinderkopontwerp

Die Bobcat E55 kompakte masjiengraaf is perfek vir landboutoepassings soos vrugteboerdery. Dit is maklik om hierdie konvensionele stertstuurmodel akkuraat in klein plekkies te stuur, wat sy veelsydigheid en nuttigheid verseker. Tipiese kenmerke is buitengewone werkverrigting, graafdiepte en aflaaihoogte.

Die E55 voldoen aan Vlak-4 uitlaatgasvereistes. Hy is beskikbaar in ՚n konfigurasie met ՚n verlengbare arm wat verder kan bykom sonder om die masjien te laat omval. ՚n Hoeklemopsie is ook beskikbaar. Bobcat bied die boer ՚n reeks awegaaraanhegsels om vinnig en akkuraat gate te grawe. Swaardienshidroulika maak hierdie aanhegsels geskik vir enige grondtoestande. Boere kan kies tussen ՚n regstreeks aangedrewe awegaar vir optimum balans tussen wringkrag en omwentelinge per minuut, of ՚n rataangedrewe, planetêre awegaar vir toepassings wat die meeste wringkrag vereis.

Goscor Earthmoving Equipment

SANY is Goscor se grondverskuiwingstoerusting en hulle reeks sluit in: masjiengrawe, (pad)skrapers, starre stortbakvragmotors, voorlaaigrawe, rollers, straatmakers, straatstampers, hyskrane, hawemasjinerie, heipaaldrywer en betonpompe.

SANY het 25 vervaardigingsaanlegte en hulle toerusting word na 150 lande uitgevoer. Die SANY-masjiengraafreeks in Suid-Afrika se modelle begin by die SY75 en gaan nou selfs tot so swaar soos die SY750 van 75 ton. Die boer sal meer in die kleiner masjiene belangstel wat by SY75 begin. Hierdie is ’n 7,5-ton graaf en dit grawe slote beter as enige TLB. Die masjien is lig en kan maklik van plek tot plek vervoer word. SANY-masjiene het onder meer Isuzu- en Cummins-enjins, wat beteken dat onderdele maklik bekombaar en bekostigbaar is.

Goscor Lift Truck Company

Doosan se elektriese 7-reeks.

Hierdie eenheid van Goscor verskaf al meer as 30 jaar lank betroubare toerusting aan boere en ’n bekwame tegniese ondersteuningspan sorg dat die toerusting altyd flink aan die werk bly. Net betroubare vurkhysers en pakhuistoerusting soos die Doosan-, Crown-, Bendi- en Hubtexen Taylor Dunn-handelsmerke word verskaf en enige boer wat produkte of toerusting in pakhuise wil verskuif kan op Goscor se toerusting reken.

“Goscor se produkte staan uit bo ander maatskappye oor hulle remme het wat vir ՚n leeftyd hou en ՚n 5-jaar waarborg het op alle Doosan-vurkhysers,” sê Darryl Shafto, besturende direkteur van Goscor-vurkhysers. Die nuwe Doosan NX-reeks word einde Mei bekendgestel.

Goscor Cleaning Equipment

Goscor Cleaning is die afgelope 10 jaar alleenverskaffer van die betroubare Italiaanse hoёdrukwassers, Maer. Die stelsel is toegrus met die betroubare “Interpump”-hoёdrukpomp. Die Maerreeks sluit die volgende in: elektriese weergawes vanaf 220 tot 380 V, en petrol- en dieselaangedrewe modelle met drukgraderings vanaf 100 tot 500 bar. Diens, onderdele en herstelwerk word aangebied deur Goscor se nasionale netwerk van takke.

Goscor Compressed Air Systems

Goscor-lugdrukstelsels is trotse verspreiders van die Sullair- en Ozen-lugdrukstelsels in die nywerheid en konstruksiebedryf. Hulle voorsien en herstel ook alle soorte groot kompressors. Die toerusting wat beskikbaar is, is: mobiele en elektriese kompressors, vakuumpompe, droërs en filters.

“Ons is trots op wat ons doen en hoe ons dit doen om in ons klante se behoeftes ten opsigte van lugdruk en vakuumpompe te voorsien en om goeie verhoudinge tot in die verre toekoms te handhaaf,” sê Duane Kruger, verkope en sake-ontwikkelingsbestuurder van Goscor-lugdrukstelsels.

Goscor Finansies

Boere hoef nie bekommerd of hartseer te wees as hulle dit nie kan bekostig om iets by Goscor op NAMPO aan te skaf nie, want hulle Finansieringsafdeling is daar om boere met langtermynbefondsing vir produkte van al Goscor se afdelings te help. Hulle werk vir jou ՚n spesifieke finansiële oplossing uit wat perfek by jou geldelike situasie pas. Dit sluit volle instandhoudingsplanne in.

Goscor maak voorsiening vir die hele spektrum hysbehoeftes met balkhysers van tot 57 meter, skêrhysers van tot 26 meter en ՚n verstommende 50 meter vir kruipergemonteerde eenhede.

Daar word aan elke klant se behoeftes voldoen met ՚n hele reeks binnenshuise eenhede, vierwieltrekeenhede vir rowwe terrein, liggewigopsies, smal masjiene, selfaangedrewe en stootmodelle.

Goscor Access Solutions

Goscor Access Rental is een van SA se top verhuringsmaatskappye wat fokus op die verhuring van mobiele hoogligwerkplatforms. Hulle het streng internasionale standaarde vir veiligheid en gehalte.

Moet dit nie misloop nie! Besoek Goscor by NAMPO (standplaas C17) vir ’n wye verskeidenheid werktuie teen uiters bekostigbare pryse en spesiale bekendstellings. Besoek ook hulle webwerf by www.goscor.co.za. Besoek ons by NAMPO: Standplaas: C17

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Ontmoet Poynting se PUCK-antennas vir die plaas

Die 18de SA Kaasfees ‘n immer-innoverende sukses