in ,

Bayer bring die saadwêreld na Secunda

Die alombekende en vertroude DEKALB-handelsmerk het in die Bayer-Monsanto oorkooptransaksie behoue gebly en het die boere by die kongres verwelkom.

This post is also available in: English

Monsanto was bekend vir hulle leersame en gewilde demonstrasiedae oor die afgelope jare, wat op hulle navorsings- of kommersiële plase in die oostelike en westelike mieliestreke aangebied is. Bayer het Monsanto verlede jaar oorgekoop, en daar is besluit om vanjaar die boeredae met kongresse af te wissel.

Die oostelike kongres is onlangs in Secunda gehou en die belangstelling was besonder goed vir ’n eerste probeerslag. Vir die boere in die Westelike streek is die kongres by Nampo Park gehou en 350 mense het dit bygewoon.

Sprekers van regoor die wêreld is genooi om die jongste tegnologiese vordering en tendense met die boere te deel en die kongres was stampvol gepak met leersame toesprake en paneelbesprekings.

Marcos Fava Neves

Marcos Fava Neves is professor aan die Sakeskool van die Universiteit van São Paulo in Brasilië. Hy praat oor presisielandbou. “Ons kan die konsep van hektaar weggooi. In die toekoms gaan ons volgens vierkante meter boer.”

Andrew Bennett

 

Andrew Bennett, Bayer se hoof van Tegniese Ontwikkeling: Afrika, vertel dat biotegnologie belangriker word soos die tyd aanstap. Hy sê CRISPR-tegno-logie, waar gene in ’n organisme uitgehaal en ingesit kan word, is tans in die beginfase, maar beloof om dramatiese veranderinge in die saadbedryf teweeg te bring.

Theo Vorster, kongresaanbieder, Werner Rossouw van Silostrat en Kobus Steenekamp, Besigheidsbestuurder Bayer SA, gesels oor die toekoms van die nuwe Bayer na die Bayer-Monsanto-samesmelting.

Leonard Oberholzer

Leonard Oberholzer, Hoof Tegniese Ontwikkeling Bayer SA, praat oor die toekoms van onkruidbeheer: “Daar is lanklaas ’n nuwe tipe onkruiddoder ontwikkel. Ons moet dieper na ander metodes, soos genetiese manipulasie, onkruid se natuurlike vyande en robotte kyk om dit in die toekoms te beveg.”

 

Loren Trimble is hoof van Bayer se Afrika-pyplynontwikkeling en Afrika-saadteling. Hy sê meer as 40 wetgewende instansies regoor die wêreld het glifosaat veilig verklaar.

 

 

 

Cheusi Mutawila, Afrika se siektekundige hoof by Bayer, sê dat boere die wetenskaplikes wat op plase rondgaan moet verwelkom. Hulle identifiseer mieliesiektes wat die land inkom om dit betyds in die kiem te smoor.

 

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Bokhaarmark onveranderd

John Deere: Dit gaan oor mense