in , ,

ATN se nuwe X-sight 4K werk dag en nag

This post is also available in: English

Net toe jy dink ATN het alles reggekry wat jy van ’n teleskoop kan verlang met die X-sight II… Ontmoet die X-Sight 4K! Dit werk voorwaar dag en nag. Nou kan jy met die druk van ’n knoppie tussen volle hoëdefinisie dag en nagsig skakel en die gemoedsrus geniet dat ’n jagtog wat in die middag begin het rustig kan voortgaan tot diep in die nag, te danke aan die nuwe ingeboude litium-ioonbattery.

Daar is sommer ’n hele klomp nuwe tegnologie in die X-Sight 4K ingebou, maar die ultra lae kragverbruik en flinke verwerkingsvermoë van die Dual Core-verwerker sorg dat al die sagteware vinnig werk en dat alles mooi koel bly. Dit is ook die eerste digitale teleskoop wat tot en met 18 uur se aaneenlopende batterygebruik bied.

Enige jagtog moet op die skietbaan begin, maar met die X-sight 4K se Eenskoot-zero-instelling, gaan jy sommer baie vinnig van die baan af in die veld kom waar jy wil wees. Jy mik, skiet, kyk wat sê die skerm vir jou, stel jou digitale kruisdraadjies (reticle) in en jy is reg om raak te skiet!

Een-skoot-instelling

Om jou akkuraatheid nog verder aan te help, beraam die 4K ook die afstand na die teiken met behulp van stadia metriese afstandbepaling. Jy neem twee lesings van jou teiken, byvoorbeeld bo en onder, die teleskoop bepaal die afstand en stel dan outomaties jou digitale draadkruis se trefpunt in.

Soos van ATN verwag word, is daar ook ’n ingeboude ballistiese berekenaar. Met die ballistiese berekening neem die slim teleskoop die afstand, wind, wapen se profiel, aanlêhoek na die teiken, temperatuur en humiditeit in ag om jou te help om verantwoordelik te kan jag.

Ballistiese berekenaar

Noudat jy weet jy kan raak skiet, wil jy graag hê jou jagmaat moet die skoot saam met jou ervaar en jy wil agterna oor en oor daarna kan kyk. Die X-Sight 4K kan die hoëdefinisiebeeld in werklike tyd uitstuur na ’n slimfoon of tablet en terselfdertyd die aksie opneem op ’n geheuekaart sodat jy later daarna kan kyk. Dit is ’n funksie van die Obsidian 4-verwerker wat nou in ATN se nuwe teleskope gebruik word. ATN sê in sy bekendstellingspakket: “Julle het gevra, ons het geluister.”

Die beste is dat jy nie eers hoef te soek na ’n speel- of opnameknoppie wanneer die bok regstaan nie. Skakel net voor die tyd die terugslagaktiverende video (RAV) aan en die teleskoop doen die res. Jy sal ’n pragtige helder video kry van die tydjie net voor en net na die skoot – en natuurlik ook jou voltreffer.

Soos al ATN se toerusting wat wêreldwyd vertrou word, het jy ook die gemoedsrus dat jou trofeebok nie sal oorleef nie, maar jou teleskoop wel. Die X-Sight 4K bestaan uit ’n verharde aluminiumallooi-omhulsel en die elektronika is ontwerp om die werking van hoë-impakwapens te hanteer. Die teleskoop word maklik bo-op ’n wye verskeidenheid wapens gemonteer met behulp van standaard 30 mm ringe wat ingesluit is in die pakket, en vir die kontroles het jy ook nie ’n graad in kommunikasietegnologie nodig nie.

Maklike hegting en kontroles

Die grootste onderskeid van die X-Sight 4K is egter sy vermoë om jou in die dag en die nag te help om te sien wat aangaan. In ’n baie dramatiese demonstrasievideo word ’n skut skielik van ’n helder daglig- na ’n stikdonker nagsituasie verplaas en hy gaan net rustig voort om te skiet met die druk van ’n knoppie.

So lyk die verskillende prentjies wat jy sien:

Dag
Nag

Dit maak ook nie saak of dit dag of nag is nie, jy kry steeds jou hoëdefinisievideo wat al die aksie vasvang.

Kyk hier na ‘n demonstrasievideo.

Kyk hier na meer inligting oor die pryse.

Om meer inligting te bekom oor die beste toerusting vir die grootste jaggenot of vir die beskerming van jou en jou mense se lewe en eiendom, besoek www.ecmtech.co.za, of klop aan by jou naaste wapen- of landboutoerustinghandelaar.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 3

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 66.666667%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 33.333333%

Dom Boer se lag vir die dag:

Val Boeredag

Nuttige werktuie beïndruk boere by Val Boeredag