in

Ashok Leyland verbreed en versterk teenwoordigheid in Suidelike Afrika

Mnr. Amandeep Singh, hoof van internasionale operasies, Ashok Leyland saam met Mnr. Rajeev Saxena, uitvoerende hoofbeampte van ETGL, en Mnr. Pavan Nair, bedryfshoof van ETGL by die ondertekening van die verspreiding- ooreenkoms.

ETG Logistics as nuwe verspreider aangestel

Ashok Leyland, vlagskip van die Hinduja Group en die voorste handelsvoertuigvervaardiger in Indië, het vandag aangekondig dat hulle ’n nuwe verspreidingooreenkoms met Export Trading Group (ETG) se logistieke, berging and verspreiding maatskappy, ETG Logistics (ETGL), aangegaan het. 

ETG is ’n globale konglomeraat en betrokke by verskeie segmente, met ’n diep fokus op die opheffing van Sub-Sahara Afrika.

‘n Ooreenkoms is tussen die maatskappye onderteken vir samewerking betreffende die verspreiding van produkte in die Suidelike Afrika streek. ETGL sal handelaarskappe vir Ashok Leyland in ses sleutel Suidelike Afrika lande bedryf as deel van hierdie strategiese samewerking.

Mnr. Amandeep Singh, hoof van internasionale operasies, Ashok Leyland sê, “Ons het ambisieuse groeiplanne vir die Afrika mark. Ons welbewese produkte is uiters geskik vir Afrika terrein en bied ‘n uitmuntende waarde aanbod aan kopers. Die ETG groep se uitgebreide netwerk in hierdie markte sal ons groeiplanne komplimenteer. Ons het alreeds ‘n teenwoordigheid in die meeste Oos en Wes Afrika lande. Ons het nou die regte produkportfolio met Beste in Klas bedryfkoste om in die behoeftes van hierdie mark te voorsien en  uitnemende waarde vir kopers te bied.”

Mnr. Rajeev Saxena, uitvoerende hoofbeampte van ETGL, sê, “Ons is opgewonde om ons vennootskap met Ashok Leyland Ltd bekend te maak. Hierdie vennootskap sal help om ’n reeks handelsvoertuigoplossings te bied om die spesifieke behoeftes van verskillende klantegroepe in die streek aan te spreek.”

Omtrent ETG

ETG het in ’n globale speler ontwikkel met ’n diverse portfolio van kundigheid oor veelvuldige industrieë wat insluit landbou insette, logistiek, verspreiding, handeldrywing, energie, voedselverwerking en voorsieningketting optimalisering. Die groep het ’n teenwoordigheid in 48 lande oor 6 kontinente.

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf www.etgworld.com of stuur ’n e-pos aan info@etgworld.com.

Omtrent ETGL

ETG Logistics bedryf ‘n gevestigde voertuig en landboutoerusting verspreidingbesigheid in Suid-Afrika, Nambië, Zimbabwe, Lesotho, Swaziland, Botswana, Tanzanië, Zambië, Mosambiek en Kenia met planne om, benewens ander streke, ons afset verder uit te brei in Oos en Suidelike Afrika.

Vir meer inligting, besoek asseblief www.etgldistribution.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Vitam International

Skei die koring van die kaf: Besluitneming in ‘n wêreld oorweldig deur data