in ,

Aquadam se Agri Tenk het ’n leeftyd van 50 jaar

Werner Norval, verkoopskonsultant, en Ronald van Lochem, besturende direkteur van Aquadam, wys by NAMPO Kaap in Bredasdorp hoe hulle tenks lyk.

This post is also available in: English

Of  jy nou ’n watertenk vir besproeiing, vee, pluimvee of huisgebruik benodig, Aquadam het die regte tenk vir jou: die Agri Tenk. Dit is uiteindelik ’n tenk wat die boer se behoeftes pas, omdat dit spesifiek vir die plaas ontwerp is.

Die Agri Tenk is ’n modulêre paneeltipe-staaltenk wat aanmekaarbout vir maklike en vinnige installering en die grootte van die tenk is aanpasbaar.

Die tenk is beskikbaar van 15 m3 tot 2 762 m3 met ’n deursnee van 2,35 tot 19,66 m. Die tenk se dop of muur word gebou van 1 mm tot 6 mm Zincalume®-staalpanele. Dit is ’n metaal wat sewe keer langer sal hou as versinkte staal en met ’n lewensverwagting van meer as 50 jaar. Die sink en silikoon in die deklaag beskerm die staal. Die boer kan ook kies watter kleur panele hy wil hê.

Die dam se dak word ook van Zincalume®-plate gemaak. Dit is lig en weerbestand en is ontwerp om ’n windspoed van tot 200 km/u te weerstaan. Die dak kan met ’n lugrooster toegerus word om kondensasie aan die binnekant te voorkom en dit kan ook geseёl word om dit voёl- en knaagdierbestand te maak.

Voordele van die Agri Tenk:

  • 9 uit 10 boere verkies dit.
  • Gemaak van materiaal geskik vir staalwatertenks wat ’n leeftyd sal hou.
  • Die tenk is windbestand.
  • Die tenk kan na ’n ander plek op die plaas verskuif word of vergroot word.
  • Die tenk sal vir 20 jaar nie lek nie.
  • Lewensverwagting van meer as 50 jaar.
  • Lae onderhoud.
  • Ontwerp en goedgekeur volgens ingenieurstandaarde.
  • Vervaardig volgens AWWA-standaarde (Amerikaanse Waterwerke-vereniging).

Vir meer inligting oor Aquadam, skakel 086-100-1010, of e-pos info@aquadam.co.za. Besoek ook www.aquadam.co.za vir meer inligting oor al Aquadam se vernuftige damme.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

rumax

Rumax se sakpasmengers laat jou voerrekening sak

Multiplant kies Kubota