in , ,

Angus Pioniers

Angus Pioniers geskiedenis

In 2009 het Jannie Kotze vir oom Klasie Loubser gekontak oor die verkoop van groot getalle veilingsdiere terwyl hy op Lambertsbaai deur sy kombuisvenster gestaar het. Oom Klasie het aan Jannie genoem dat hy hom nie moet bekommer nie, hulle hou sommer hulle eie veiling.  Vandaar het die Angus Pioniers ontstaan. 

Basie en Coenraad Bezuidenhout, asook Christo Nieuwoudt is genader om die Pioniers as Stoettelers te ondersteun met Seymour Currie wat as kommersiële gasverkoper.  In 2010 was die eerste keer wat die Angus Pioniers veiling gehou het.

Na ‘n paar jaar het Seymour as volwaardige lid van die Angus Pioniers ook begin om geregistreerde diere, hoofsaaklik bulle, op die veiling te bemark.  Met tyd het die Bezuidenhouts en Nieuwoudt aan die veiling onttrek met Loubser, Kotze en Currie wat voortgegaan het.

As driemanskap het hulle ‘n toer na Namibië aangepak om die Angus ras daar te gaan bekendstel en ook gehelp om die Namibiese Angus Klub weer op die been te kry.  Groot was die belangstelling en die Pioniers het begin om diere na Namibië uit te voer.

Later van tyd het Jannie besluit om op sy eie te gaan en Klasie en Seymour het voortgegaan met die Pioniers veiling wat hulle op Blaauwberg Plaas in Melkbosstrand aanbied sedert Kotze se onttrekking.

Koos Blanckenberg van J.H. Blanckenberg Boerdery in Klipheuwel het as Kommersiële teler jaarliks oop Swart Angus Verse op die veiling begin aanbied en stelselmatig begin bulle aanskaf van die Pioniers.

Klasie het intussen sy stoettery gestaak en aan die veiling onttrek met Seymour en Koos wat volstoom voortgaan.

Jaarliks word sowat 20 Rooi en Swart Angus Bulle op die veiling aangebied, asook 20 Rooi en Swart op die punt van kalf verse, 15 gereed vir die bul Swart Angus verse en 40 slaggereed A en AB graad Angus osse.

Vanjaar is geen uitsondering nie met die huidige Nasionale Bulkalf Kampioen, SCJ 18 0003 Restaurant ET wat aangebied word.

Joyce’s Angus Stoet

Seymour Currie en Willem Swart

The stud consists of Black and Red Angus Cattle.  We remain focused and vigilant in our breeding program whilst our stud is creeping into the hearts of Angus breeders in Southern Africa.

Since the inception of our stud in 2010, we implemented an annual embryo program (flushing and In Vitro) to accelerate our genetic growth where only the top proven females in our herd (including females sourced from other breeders) have been matched with top sires from our own stud as well as from other parts of South Africa, USA and Canada.  As part of our program, we strive to create/breed special pedigrees, but also keep recognized cow families alive.  Strict selection of phenotypes and breeding values forms part of the elimination process to ensure that only the best progeny prevails.

The stud is known for its breeding values that exceed the average breeding values of the Angus breed nationally.  The slogan being “Where passion fosters excellence” substantiates our enthusiasm, passion and love for these undeniably beautiful animals, which have contributed to the success of our stud.

We believe that performance data should back our cattle.  In order for that to mean anything, verified pedigrees (through DNA parentage verification) and true performance data needs to be in place.

Parentage verification will assure you of accurate breeding values.  Inaccurate pedigrees, have an impact on breeding values and herd data.  By conducting parentage verification, your herd data is reliable and therefore rock solid.

Our commitment is to provide clients with the most up to date improved genetics, in a friendly manner.

Seymour Currie 083-327-9186 – jdfarms@mweb.co.za

Willem Swart 072-143-6114 – worsie.jdfarms@gmail.com         

J.H. Blanckenberg Boerdery

Koos en Cornele

Dit is ‘n familieboerdery wat sedert 1914 op Klipheuwelplaas in die Koeberg area bedryf word.  Boy en sy twee seuns, Koos en Phillip, is saam aan stuur van sake.

In 1934 het die melkery ontstaan wat tot vandag as ‘n geregistreerde stoet bedryf word.  Die boerdery bestaan verder uit ‘n graankomponent, ‘n troppie Vleismerinos en dan ook Koos se groot liefde, sy kommersiële Swart Angus kudde. 

Die Angus Kudde het in 1992 op die been gekom nadat die Blanckenbergs 25 verse en ‘n bul by Cedric Stoch bekom het.  Die groot graan komponent wat deel vorm van die boerdery het hulle laat besluit om op grootskaal met Angus te boer omdat daar goeie stoppels in die vroeë winter is en hulle dit beter as die Holsteins kon benut.

Later is koeie van ander telers ingekoop en het die kudde gegroei tot waar hy vandag is.  Bulle vir die kudde is hoofsaaklik by die Wes- en Suidkaap Angus Klubveiling aangekoop waarna daar later na individuele telers gekyk is van so vêr as die Vrystaat.  Vir die laaste klompie jaar word ons bulle hoofsaaklik by die Angus Pioniersveiling aangeskaf en gebruik ons dus net geregistreerde bulle in ons kudde.

Die kudde het met tyd aangepas waar dit in die 1990’s die kleiner Skotse-tipe was tot die hedendaagse Amerikaanse-tipe Angus wat veral baie goed in die Swartland presteer met sy koue, nat winters en droë, warm somers.  Die groter raam koeie doen vir ons baie goed om vleis te bou in die winters wanneer daar baie kos is en die weidings goed is.

Die kommersiële Angus kudde word op dieselfde basis as die melkery hanteer en word dieselfde entings op beide toegepas.  Alle bulle word voor die aanvang van die dekseisoen vir geslagsoordraagbare siektes en vrugbaarheid getoets.  Ons volg ‘n baie streng BM en TB program en daar word slegs van natuurlike dekkings gebruik gemaak. Verse word tot op 24 maande uitgegroei en voor die dekseisoen deur die veearts ondergaan om vas te stel wie in die kudde kan voortgaan. 

Ons dekseisoen begin op die 1ste Junie en duur tot einde Augustus.  Koeie begin van einde Februarie af kalf tot en met einde April waar speenkalwers dan einde Oktober en November bemark word.  Koeie word jaarliks met speen deur die veearts ondersoek vir dragtigheid wat dan ook ‘n groot rol speel in hoeveel verse as vervangings moet agterbly. 

Nadat die speenkalwers bemark is en uitskotkoeie van die hand gesit is, is dit slegs dragtige vroulike diere, vervangingsverse en die bulle wat oorsomer.

‘n Koei met goeie bou en konformasie is vir Koos baie belangrik en hy streef na eenvormigheid in sy koeikudde wat hy saam met Lian Bester bestuur.  Goeie koeie sal vir jou goeie kalwers gee en hul speenkalwers moet van ‘n uitstekende kwaliteit wees sodat hulle ‘n goeie produk kan lewer wat goed groei in die voerkrale.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Dis g’n strooi, ons praat hooi: Deel 2

Syngenta maak boere sterker met nuwe kleingraanswamdoder