in

Amerikaners-plant-droogteverdraagsame-mielies

Die onlangse droogte in die VSA het groot veranderinge in die landboubedryf tot gevolg gehad. Vir die eerste keer sal droogteverdraagsame mielies (DV) in die VSA gekommersialiseer word. Gedurende die 2013-seisoen sal boere op die Groot Westerse Vlaktes Monsanto se Genuity DroughtGard basters vir die eerste keer kommersieel plant, volgens ‘n aankondiging deur mnr Andrew Bennett, tegnologie ontwikkelingsbestuurder, Monsanto, vir GM-gewasse in Afrika.

“Hierdie is ‘n belangrike mylpaal vir  graanboere wat dikwels onder droogtes gebuk gaan. Dit sal van groot waarde vir Afrikaboere, veral opkomende boere, wees wanneer DV-mielies in Afrika gekommersialiseer word. Veldproewe in Suid- en Oos-Afrika is reeds sedert 2009 aan die gang met baie belowende resultate – minder druppel meer pit. Kommersialisering word in 2015 verwag,” het Bennett bygevoeg.

Die afgelope seisoen in die VSA, wat met kwaai droogtes gepaard gegaan het, het 250 boere deelgeneem aan Monsanto se deurdagte plaastoetsprogram met die aanplanting van DroughtGard basters. Boere se opbrengs het met 376,60 kg/ha toegeneem vergeleke met konvensionele mielies. Op 300 ha is dit ‘n ekstra opbrengs van 112,98/MT. Teen, byvoorbeeld, R2 400/t beteken dit ‘n massiewe ekstra inkomste van  R271 152 op 300 ha.

Droogte-stres – soos in sub-Sahara Afrika ondervind word – vind tydens twee kritieke fases van mieliegroei plaas, blom en graanvulling. Die twee kritieke stadiums is wanneer water-stres substansiële opbrengsverliese veroorsaak.

Droogte tydens die blomstadium van mielies kan opbrengsverliese van tussen 50% en 100% tot gevolg hê. Droogtestres tydens die graanvullingstadium kan lei tot opbrengsverliese van 25%.

Vir nadere inligting, skakel Andrew Bennett 082-316-2197.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Gasse-in-die-donker-knyp

TLU-SA-vier-115de-bestaansjaar-op-kongres