in ,

Amerikaners gaan groot; Suid-Afrikaners gaan groter

This post is also available in: English

John Deere Sub Sahara Afrika, het 5 jaar gelede al begin met die beplanning en ontwerp van die nuwe 15FX grootraamplanter wat deur en deur vir Suid-Afrikaanse toestande geskik is. John Deere het die behoeftes van Suid-Afrikaanse boere bepaal deur regstreeks met hulle en die handelaars te skakel en ’n vraelys deur te werk.   Die inligting wat so ingeoes is, is ontleed en verwerk om seker te maak dat daar vir elke moontlike behoefte voorsiening gemaak word.

Die feit dat boere se plantvenster al korter word, was een van die grootste beweegredes om ’n planter te bou wat so wyd as moontlik is en so min as moontlik volgemaak hoef te word.

Verder wil boere hulle kunsmis- en saadplasing optimaal bestuur.

Die reuse 24-ry 15FX is in Augustus tydens die AFGRI-Boeredag Spogtog buite Frankfort aan boere bekendgestel. Eerstens vou die gedeelte van die balk met die buitenste vier plantereenhede 180° vorentoe...
Die reuse 24-ry 15FX is in Augustus tydens die AFGRI-Boeredag Spogtog buite Frankfort aan boere bekendgestel. Eerstens vou die gedeelte van die balk met die buitenste vier plantereenhede 180° vorentoe…

Maar groter is nie noodwendig beter nie, want ’n planter wat sukkel om by die wenakker om te draai of te tru kan planttyd eerder langer as korter maak en daarom is daar ernstig koppe bymekaargesit.

Hulle breinkind was toe ’n grootraamplanter wat maklik en kort kan krink omdat sy brug knak en die stutwiele hidroulies vorentoe bring sodra dit by die driepunt opgetel word. Die plantereenhede lig dan hoog en droog en veilig uit die grond en lig selfs op die ente nog hoër op om ’n sweepslagaksie te verhoed. Die hoër oplig aan die ente help ook, saam met die knakraam, wanneer daar steeds sekuur teen lastige hellings geplant moet word.

Vir ernstige volmaakgemak kan ’n boer ook John Deere se CCS™ (Central Commodity System) as ’n opsie vir sy planter kies. Dit bestaan uit ’n sentrale saadtenk van 2 466 liter vir 12-ry planters of 3 523 liter vir die 16 en 24-ry planters. Vir goeie balans is die saadtenk so na as moontlik bo-op die driepunt van die trekker geplaas en hy hou deurlopend die planteenhede se saadbakke met ’n positiewe blaasaksie vol.

Die 15FX-grootraamplanter sonder die CCS-stelsel word steeds met ’n lugdrukgedrewe afdrukstelsel toegerus om beheer oor plantdiepte te behou.
Die 15FX-grootraamplanter sonder die CCS-stelsel word steeds met ’n lugdrukgedrewe afdrukstelsel toegerus om beheer oor plantdiepte te behou.

Nou kan jy die planter in ’n japtrap met ’n massasak by een sentrale punt volmaak sonder dat die massa saad se gewig op plantereenhede rus en so die plantdiepte beïnvloed. ’n Lugdrukgedrewe afdrukstelsel waarmee alle 15FX-grootraamplanters toegerus is, verseker dat boere deurlopend beheer oor hulle plantdiepte het.

’n Reuse kunsmistenk van 6 000 kg is heel agter geplaas waar dit maklik bygekom kan word om vol te maak. Die planter loop op twee groot hoëflottasiestutwiele om ’n “treintjie-effek” uit te skakel. ’n Positiewe blaasstelsel verseker ook dat elke saadjie getrou sy kwota kunsmis kry.

Talle Suid-Afrikaanse boere plant nog ernstig met korrelkunsmis, daarom word korrelkunsmistoediening as ’n opsie aangebied benewens plan-ters wat vloeibare kunsmis toedien en planters wat glad nie kunsmis toedien nie. John Deere verseker ook dat elke saadjie en sy kunsmiskorrels deurlopend ewe ver van mekaar af is deurdat die kunsmistoediener aan die plantereenheid gemonteer is en nie aan die raam nie.

Die gedugte planter is met John Deere se staatmaker MaxEmerge 5-plantereenhede toegerus en elke plantereenheid kan afsonderlik uitgeskakel word waar nodig.

Om volgende seisoen met ’n eg Suid-Afrikaanse wyeraamplanter op jou plaas te woeker, kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarel@JohnDeere.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vang heeldag son vir krag

Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes