in ,

AgriTechnica prikkel die verbeelding

Horscht het ‘n paar veranderinge aan hulle Focus 6 TD-planter aangebring. Spesiaal vir mielieplantwerk in Suidelike Afrika, sluit die veranderinge ‘n eenrytandseksie met ‘n tandspasiëring van 75 tot 90 cm in.

This post is also available in: English

Duitsland is ‘n wêreldleier in vernuftige ingenieursprestasie en kan spog met eeue se briljante meganisasie-ontwikkeling. Die land is ‘n ware voorbeeld van hoe daar van armoede en hongersnood na voorspoed gestyg kan word deur tegnologie aan te gryp. Die landbounuwighede vanaf hierdie land is daarom van die eerste water. Dit is geen wonder dat die wêreld se grootste skou van landboumasjinrie en -toerusting elke tweede jaar in Hanover in die noorde van Duitsland gehou word nie.

Die DLG (Duitse Landbougenootskap), ’n nie-winsgewende organisasie wat 130 jaar oud is, is die organiseerder van AgriTechnica. Die DLG bied boere ‘n wye reeks dienste, insluitende ‘n toetsgerief vir landboutoerusting om aan internasionale veiligheidstandaarde te voldoen.

ProAgri het die skou in November bygewoon, en die hoë standaard van meganisasietegnologie was verstommend. Ons is opgewonde oor die nuwe trekkers en werktuie wat na Afrika op pad is, maar ons besef ook dat ons landbounywerheid baie klein is teenoor ander ontwikkelende lande en dat daar steeds heelwat plek vir verbetering is.

Krone het by die DLG se toekenning ‘n goue medalje gewen vir hulle Premos 5000, ‘n gekombineerde snyer en pilstampmasjien. Die masjien stamp hooi, kooigoed of ruvoer tydens die snyproses in blokkies van 16 mm.

Vanjaar het 2 907 uitstallers van 52 lande, selfs uit die Verre Ooste en Suid-Amerika, hulle kundigheid en vindingrykheid aan die 450 000 afwagtende besoekers uit 124 ander lande regoor die wêreld gewys.

Soos die res van die wêreld, ondervind Europa ‘n verstadiging in hulle landbousektor, wat die groot rolspelers regstreeks beïnvloed. Die boere voel ook die nypende uitwerking van prysnemers in plaas van prysbepalers te wees. Nogtans skep die groeiende wêreldbevolking hoop op ‘n geleidelike opswaai wat hopelik gou sal begin.

Horscht het ‘n paar veranderinge aan hulle Focus 6 TD-planter aangebring. Spesiaal vir mielieplantwerk in Suidelike Afrika, sluit die veranderinge ‘n eenrytandseksie met ‘n tandspasiëring van 75 tot 90 cm in.
Horscht het ‘n paar veranderinge aan hulle Focus 6 TD-planter aangebring. Spesiaal vir mielieplantwerk in Suidelike Afrika, sluit die veranderinge ‘n eenrytandseksie met ‘n tandspasiëring van 75 tot 90 cm in.

Die talle nuwighede wat trots tydens die weeklange geleentheid uitgestal is, was ‘n besliste aanduiding dat die algemene houding steeds positief is, maar die markte in Europa nader ‘n versadigingspunt. Daarom is baie gedoen om die belangstelling van verkrygers van landboutoerusting uit ontwikkelende lande te prikkel. Rusland, die opkomende reus, was ‘n groot gunsteling tydens die skou, ten spyte van huidige handelsbeperkings teen haar.

Kubota
Kubota het hulle M7001 tydens AgriTechnica geloods en hierdie kragtigste en gevorderdste ouboet behoort in die afsienbare toekoms ook sy buiging in Suid-Afrika te maak. Hy is in modelle van 97, 112 en 127kW beskikbaar. ’n Boer het die keuse van vier verskillende ratkaste om in hierdie reeks te bestel. Natuurlik kom die M7001 standaard met uitstekende Japanese elektroniese tegnologie uit, soos Kubota se eie programmatuur met ’n standaard aanlynrekenaarstelsel, GPSoutostuur en ’n wyd versoenbare ISOBUS-koppeling.

Agriculture 4,0

Terwyl boere in ontwikkelende lande tipiese probleme soos politieke konflik, ‘n gebrek aan volhoubare markte en tegnologie ondervind, verskil die uitdagings en bekommernisse van ontwikkelde lande aansienlik. Tydens ‘n gesprek tussen die president van die DLG, Carl-Albrecht Bartmer; die Duitse federale minister van Voedsel en Landbou, Christian Schmidt; en die eersteminister van die staat Neder-Sakse, Stephan Weil, het dit duidelik geword dat een van die grootste sorge in Duitsland die bekendstelling van Agriculture 4,0 is. Dit is die landbousake-internet. Die massas persoonlike produksiegegewens wat boere met hulle slim werktuie inwin, sal in die oopte beskikbaar gestel word vir gebruik deur toepaslike partye, maar dit skep risiko’s. Die vraag bly: Hoe veilig is die boer se persoonlike inligting en kan dit deur moontlike vyandige derde partye misbruik word?

Die ander ernstige bespreking, wat nie so vreemd vir ons is nie, is groen en volhoubare boerdery. Die astronomiese bedrae wat meganisasiemaatskappye bestee om skadelike vrylatings en die koolstofvoetspoor te verminder, is ‘n duidelike teken daarvan. Omdat groen politieke partye uiters invloedryk in Europa is, word dit dikwels as ‘n politieke wapen gebruik en misbruik om sekere emosionele agendas te dien.

Grimme: Hierdie swart monster is Grimme se Rexor 630 Black Hawk-beet-oesmasjien. Hierdie treffende selfloopwerktuig is 15,4 meter lank, 4 meter hoog en het 6 rye, 3 aste en ‘n houtenkvermoë van 30 ton.

Hoogtepunt

Die hoogtepunt van die skou was natuurlik die vyf goue medaljes en 44 silwer medaljes wat die DLG  vir die beste landbou-uitvindings by AgriTechnika toegeken het.

Die eerste goue medalje is toegeken aan ‘n groep maatskappye, insluitende John Deere, BASF, en hulle openbaresektorvennote, ISIP, Zepp, JKI en KTBL, wat ‘n gewasbeskermstelsel en toedieningsbestuurstelsel vir chemikalieë ontwikkel het vir toegespitste, tydige en presiese toediening van onkruiddoder op die verskillende dele van een land. Die stelsel gebruik al die veranderlikhede van huidige en geskiedkundige landgegewens om die ingewikkelde berekeninge te doen wat die riskante besluitnemingsproses uit die boer se hande oorneem.

Die Azurit is die eerste mielieplanter uit die LEMKEN-fabriek en sal gou sy gesig in Suidelike Afrika wys met spiksplinternuwe tegnologie vir die plasing van saad in dubbelrye.
Die Azurit is die eerste mielieplanter uit die LEMKEN-fabriek en sal gou sy gesig in Suidelike Afrika wys met spiksplinternuwe tegnologie vir die plasing van saad in dubbelrye.

John Deere, Land Data Eurosoft, Vista Rauch en Silky het saam die tweede goue medalje ontvang vir hulle omvattende voedingsbeheerstelsel. Dit is nou moontlik om die stikstof- en fosforvlakke van subseksies in ‘n land te meet, aan te teken en te karteer voordat die inligting na die kunsmisstrooier gestuur word. Die twee minerale kan dus onafhanklik in
organiese of chemiese vorm toegedien word volgens die besondere behoeftes van elke subseksie.

Shaun Sutto, Katalin Moldovan en Jason Colwell van GSI is met reg trots op hulle nuwe kleinskaalmateriaalhanteringseenheid wat baie gewild in Afrika is. Die eenheid word platgevou om 40% verskeepskoste te bespaar. In ’n goeie jaar verkoop hulle tot 20% van hulle produkte in Afrika, danksy Tony Clouston wat aan die stuur van GSI se sake in Suid-Afrika staan.
Shaun Sutto, Katalin Moldovan en Jason Colwell van GSI is met reg trots op hulle nuwe kleinskaalmateriaalhanteringseenheid wat baie gewild in Afrika is.Die eenheid word platgevou om 40% verskeepskoste te bespaar. In ’n goeie jaar verkoop hulle tot 20% van hulle produkte in Afrika, danksy Tony Clouston wat aan die stuur van GSI se sake in Suid-Afrika staan.

Die groot Duitse trekkervervaardiger, Fendt, het die derde foue medalje gewen met hulle VarioGrip Pro wat ‘n trekker se bande in ‘n kits kan pomp of afblaas vir padgebruik of werk op die land.

Die vierde goue medalje is toegeken aan John Deere vir hulle ProCut-stelsel. Hoëpresisiesensors in die snystawe van hulle selfloopsnyers meet een verstel die afstand tussen die lemme en die snystaaf deurlopend om die lemme skerp te hou sodat die minimum energie vir die snyproses vereis word.

Krone het die vyfde goue medalje gewen met hulle Premos 5000, ‘n gekombineerde snyer en pilstampmasjien. Die masjien stamp hooi, kooigoed of ruvoer tydens die snyproses in blokkies van 16 mm.

Siloking het met hulle nuwe selfloop-SelfLine 4,0 System 500+ gespog. Hierdie duursame, groot voermenger is gebou vir kontrakteurs en groot melkplase met ver uiteengeleë voerkampe. Die menger kan op ‘n slegte grondpad voortstap of op ‘n teerpad voortsnel. Anna Prederii, Mari Dandl en Margit Mayer het genoeg rede om trots te wees op hierdie wenner.

Case se Steiger 620 Quadtrack is die grootste in die reeks van sewe modelle wat wissel van 276 tot 462 kW. Die vier rusperbande word onafhanklik aangedryf en verminder kompaksie, maar verbeter trekkrag in landerye.

John Deere het baie aandag by die landboupubliek getrek met hulle goed verteenwoordigende uitstalling. Die beroemde groen Amerikaanse maatskappy het ‘n hoogs gevorderde fabriek in Mannheim, Duitsland, waar die M6-trekkerreeks vervaardig word. John Deere was die trotse wenner van drie van die vyf goue en tien van die 44 silver medaljes by DLG se toekenningsgeleentheid.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

CLAAS: Toonbeeld van Duitse vakmanskap en uitnemendheid

Isuzu-trokke wys hulle staal by Gerotek