in

Agri’s got talent 2019: Groter en beter

This post is also available in: English

Dit is met trots dat Agri’s Got Talent (AGT) kan aankondig dat die Sitrus Produsente Vereniging (CGA) as ’n borg by die kompetisie aangesluit het. Dit beteken dat AGT in 2019 groter en beter is.

Hierdie opwindende sangkompetisie wat deur die sitrus-, sagtevrugte-, wyndruif- en tafeldruif-bedryf aangebied word, is nou oop vir inskrywings. Dit is vanjaar die vyfde keer dat hierdie gewilde kompetisie die plaaswerf laat dreun. Sangitems kan in enige genre gelewer word – of jy nou hou van pop, country, rock of klassieke musiek – Agri’s Got Talent wil van jou hoor.

Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om jou talent ten toon te stel, groot pryse te wen, en jou merk te maak vir jou gemeenskap. Finaliste ontvang ‘n week van intensiewe sang-en verhoogopleiding, asook lewensvaardigheidsontwikkeling.

Die Gala-aand sal op 2 Augustus by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes plaasvind.

  • SKRYF SO IN:
  • WhatsApp ’n klankgreep van ongeveer 3 minute na 082-372-1557 of e-pos: agrisgottalent@gmail.com.
  • VOEG BY:
  • Naam en van
  •  Geboortedatum
  •  Selfoonnommer
  •  Naam van plaas/pakhuis/kelder
  •  Posbeskrywing
  •  Hoe lank jy al op die plaas, in die pakhuis of kelder werk
  •  Naaste dorp

Sluit aan by ons AGT-gemeenskap en vind meer inligting op ons Facebookblad www.facebook.com/agrisgottalent of besoek ons webwerf by www.agrisgottalent.com

WIL JY NOG IETS WEET? Kontak Carme Naude – carme@hortgro.co.za of 021-870-2900 vir enige navrae.

Agri’s Got Talent is ‘n sosiale-opheffingsprojek vir landbouwerkers en word geborg deur HORTGRO, die Sitrus Produsente Verenging, die VinPro Stigting, die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf en die Wes-Kaapse Departement van Landbou.

Bron: Hortgro

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Timac Agro word nou plaaslik bestuur

Ontdek 18 ervarings by die 18de SA Kaasfees