in , ,

Agrico se splinternuwe webtuiste bied ’n opwindende aanlynervaring

This post is also available in: English

’n Kleurvolle reis deur Afrika besproeiingsprojekte, ’n interaktiewe ontmoeting met Agrico-spilpunte en ’n multimedia blik op robuuste implemente, is net ’n paar funksies wat klante kan geniet op Agrico se splinternuwe webtuiste.

Die nuwe Agrico webtuiste, geloods op 30 November 2021, is meer as ’n aanlyn profiel. Propvol foto’s, videos, tekeninge en meer, bied die webtuiste ’n opwindende visuele en interaktiewe ervaring, sowel as ’n blik op die Agrico van die toekoms. Met ’n opgedateerde logo en vars voorkoms, dra 116 jaar se diens nou ’n nuwe baadjie.

Die webtuiste se doel is drievoudig. Geskep as ’n platform vir kommunikasie tussen Agrico en die gemeenskap wat die firma dien, help die webtuiste om Agrico se bekende goeie diens verder te verbeter. Deur slim kontakvorms en naatlose terugvoerkanale, fasiliteer die webtuiste ’n gerieflike en effektiewe skakelproses tussen  die klant en Agrico-tegnikus.

Tweedens dien die webtuiste as ’n aanlyn brosjure. Inligting wat klante en produsente mag benodig oor Agrico se produkte, stelsels en dienste kan nou aanlyn gevind word. Besoekers kan meer leer oor Agrico se spilpunte, drip- en mikro-stelsels, Webbeheer-sagteware, landbou-implemente en dienslewering. Besoekers kan ook meer leer oor besproeiing, met antwoorde tot gereelde vrae op elke webblad, interessante blog-inhoud en bedryfsnuus.

Laastens is die webtuiste geskep as ‘n viering van landbou en die suksesse van produsente tesame met die Agrico-span. Professionele foto’s, kort aksie-video’s, talle interaktiewe elemente en insiggewende ingenieurstekeninge lewer ’n unieke aanlyn ervaring. ’n Belangrike fokus is Agrico se Afrika-projekte. Met foto’s, kaarte en projek-spesifikasies, kan klante nou saam reis en meer leer oor besproeiingsprojekte en unieke probleemoplossings in Botswana, Zambië, Mosambiek, Nigerië en meer.

Besoek gerus Agrico se webtuiste by www.agrico.co.za om meer te leer oor Agrico se optimale besproeiingsoplossings.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

‘n La Nina-stelsel is gevestig

Mertoun Dormers: Goeie genetika, streng seleksie in ekstensiewe omstandighede