in ,

Agrico se G4-spilpunt stop diewe en verbeter produksie

՚n Besige boer het nie tyd om te mors nie, veral nie wanneer dors gewasse water nodig het en motors en onderdele skielik voete gekry nie. Agrico verstaan dit. Dus het hulle tegniese span koppe bymekaar gesit en ՚n plan beraam. Die oplossing? Die Generasie Vier (of G4) spilpuntonderdele bekamp diefstal van spilpuntparte proaktief, wat beteken jy kan met twee oë toe slaap.

“In ons land is daar baie uitdagings met diefstal,” verduidelik Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur van Agrico. “Die kabels, motors en koppelstukke word gereeld gesteel. Ons kliënte het ՚n reuse behoefte om diefstal af te weer. Om dit te bestry, het ons ՚n spilpunt ontwerp met die oog op diefstalbestandheid.”

Die G4-spilpunt is die slot en grendel

Agrico se tegniese span het aan alles gedink om hulle spilpunte te beveilig, selfs die koppelstukke.

Die G4 is ontwerp met geen sigbare kabels of ander komponente nie — alles is versteek.

Die sentrale dryfmotor is heeltemal toe in ՚n staalomhulsel met stewige boute waaraan diewe nie kan peuter nie. Die spilpunt se beheerpaneel is ook in ՚n versinktestaalkas. Daar is geen kabels wat uitsteek nie, selfs nie by die senter nie. Spanlaste en dryfaste is ook veilig agter staal.

Beveiligde en sterker G4-spilpunte

Diewe kan nie aan hierdie boute peuter nie.

“Die vierde generasie spilpunt is ontwikkel uit jare se ondervinding in spilpuntbou,” verduidelik Johan.

“Met die nuutste tegnologie en rekenaarondersteunde ontwerp kan ons elke komponent in die fynste besonderhede simuleer en bou om so sterk as moontlik te wees. Ook die struktuur is heeltemal herontwerp. Ons is in staat om ՚n 70 meter span met 35 meter oorhange te bou. So benodig ons minder torings per hektaar.”

Daarby trap die smaller wiele ՚n dunner spoor, wat minder gewasverliese en groter opbrengste beteken. Verminderde ruimte opgeneem deur spore in die landerye beteken ook die boer kan meer plant. Optimale produksie uit elke hektaar!

G4-spilpunte is ook slimmer

Die G4 spilpunt spog ook met verskeie toevoegings wat jou Agrico-spilpunt slimmer maak.

Die senter se beheerpaneel is veilig in ՚n versinktestaalkas om dit teen misdadigers te beskerm.

Agrico Web Control-sagteware laat die boer toe om sy/haar besproeiingstelsel volledig te beheer deur enige slim-toestel met internettoegang.

Deur Agrico Advanced RAIN en Agrico Pump Controller, albei deel van die volledige Web Control-pakket, kan jy jou pompe en spilpunte in aanhoudende kommunikasie hou, en van enige plek in die wêreld beheer.

Vir ՚n spilpunt om kostedoeltreffend te wees, moet die regte druk en vloei deurgaans gehandhaaf word.

Agrico Web Control, nou met GPS, meet die druk en vloei en reageer dan om dit deurgaans eksieperfeksie te hou. Agrico Web Control is in staat om die posisie van die laaste toring te bepaal en kan die druk aan die einde van elke spilpunt moniteer. Met intuïtiewe webtoepassing kan jy die sterkte van jou motors en pompe aanpas om op enige oomblik aan elke spilpunt se presiese behoeftes te voldoen, soos die torings oor jou land beweeg.

Die G4-spilpunt spog met langer spanne en ՚n groter oorhang wat minder torings in die landerye beteken.

In ՚n gevallestudie van ՚n 40 meter spilpunt in Vanderkloof, met 20 meter verskil tussen die hoogste en die laagste punt, het Agrico Web Control met GPS ՚n elektrisiteitsbeparing van 28% meegebring!

Met Agrico Web Control, pompbeheer en GPS, verkry die boer optimale elektrisiteitverbruik. Jy hoef natuurlik nie al hierdie produkte te hê nie, maar saam ontsluit dit soveel meer.

“Agrico probeer waarlik om vir elke boer die optimale oplossing te kry,” se Johan. “Dit gaan nie net oor die produk se ontwerp nie, maar ook die diens. Ons het onderdele, personeel en dienslede by elke tak in Suid-Afrika. Ons is daar vir boere regoor die land, asook in die buiteland.”

Om uit te vind hoe ՚n Agrico G4 jou boerdery kan optimaliseer, skakel +27 (0)83-455-5423 of +27 (0)21-950-4111. Stuur ook gerus ‘n e-pos na sales@agrico.co.za, of besoek hulle webtuiste by www.agrico.co.za.

Kyk die volledige op ProagriMedia:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere

Pioneer se P1197-platform: Hier is nou uitstekende waarde vir geld