in ,

AGRI Wes-Kaap verwelkom die Nasionale Droogterampverklaring

This post is also available in: English

21 Julie 2021

Agri Wes-Kaap verwelkom die nasionale droogterampverklaring, soos uitgereik deur die Nasionale Rampbestuur Sentrum. Ingevolge artikel 23(1)(b) van die Rampbestuur Wet van 2002, is die droogte wat tans steeds in dele van die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap heers as ‘n nasionale ramp verklaar.

Hierdie verklaring volg op verskeie aanbevelings en inligting wat deur Provinsiale Rampbestuur Sentrums voorsien is.

“Agri Wes-Kaap wil graag die Wes-Kaapse Rampbestuur Sentrum én die Wes-Kaapse Departement van Landbou bedank vir hulle insette. Agri Wes-Kaap sien uit na wat die omvang en formaat van ondersteuning aan die droogtegeteisterde gebiede gaan wees,” sê Mnr Jannie Strydom, Hoof
Uitvoerende Beampte van Agri Wes-Kaap.

Sekere gedeeltes van die Wes-Kaap ervaar droogtetoestande vir die 7de agtereenvolgende jaar. Produsente in die Matzikama distrik, asook die Sentraal en Klein-Karoo het tot dusver vanjaar weereens geen noemenswaardige reën gehad het nie. “Agri Wes-Kaap vertrou dat hierdie gebiede ondersteuning sal ontvang. Die soort hulp wat gelewer gaan word is nog nie duidelik nie, maar droogtehulp in die vorm van veevoer, saad vir weiding ensovoorts sal verwelkom word. In sekere areas moet daar ook na ‘n holistiese benadering tot watersekerheid gekyk word,” sê Mnr Strydom.

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het in April vanjaar 1,115 boere in kritieke en uiters kritieke droogtegeteisterde gebiede ondersteun met voerskenkings ter waarde van R12,2 miljoen. Fondse vanaf nasionale vlak sal dus hierdie provinsiale aksies ondersteun en bevorder.

Navrae:
Jannie Strydom
Agri Wes-Kaap, Hoof Uitvoerende Beampte 074-788-2645

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Ry minder, boer meer … met Biofarm

Klimaat en Landboutoestande Julie 2021