in

Agri-SA-verlig-oor-opheffing-van-Eskom-noodtoestand

Die struikelende Eskom het verklaar dat die noodtoestand wat gedreig het om ernstige beurtkrag weer nodig te maak, Woensdagaand opgehef is, maar die situasie kan enige oomblik verander.

Mnr Johannes Möller, president van Agri SA het Eskom se verklaring verwelkom dat die noodtoestand oor elektrisiteitsvoorsiening opgehef word. Die organisasie het kennis geneem dat die kragvoorsieningsnetwek gestabiliseer is, maar steeds onder druk verkeer.  Hy het die landbou-organisasie se steun toegesê aan Eskom se pleidooi om elektrisiteitsgebruik te beperk. 

Mnr Möller sê dat landbou se vermoë om krag te bespaar beperk is vanweë die sektor se eiesoortigheid wat gekoppel is aan biologiese prosesse by diereproduksie, besproeiing van gewasse en die noodsaak vir ‘n ononderbroke verkoelingsketting vir sekere gewasse. Juis as gevolg hiervan is die landbou kwytgeskel van die 10% besparing wat van die res van die ekonomie verwag word.  “Die sektor word egter versoek om ook ‘n 10% besparing na te streef deur van die tyd-van-gebruik-tariefopsies van Eskom gebruik te maak om elektrisiteit buite spitstye te benut.  Waar moontlik word boere ook aangeraai om nie swaar elektrisiteitstoerusting gedurende spitstye in die aand te gebruik nie,” het mnr Möller gesê.

Hy het boere ook aangeraai om met Eskom se streekkantore in verbinding te tree vir raad oor die mees geskikte opsies vir ekonomiese elektrisiteitsgebruik.  “Dit is elke landbougebruiker se verantwoordelikheid om die besparingsveldtog van Eskom ernstig op te neem en te ondersteun, ten einde die moontlikheid van ‘n noodtoestand en beurtkrag af te weer,” het hy bygevoeg.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Jag bly ‘n lewensaar vir SA se ekonomie

Tal-Tec wys hulle fabriek