in

Agri SA bly bekommerd oor voortslepende droogte

This post is also available in: English

Agri SA is baie bekommerd oor die verwoestende gevolge van die voortslepende droogte oor groot dele van die Oos-, Wes- en Nood-Kaap. Dit is ten spyte van goeie reën wat die afdelope week in sekere gebiede van die land geval het.

Baie droogtegeteisterde gebiede is sonder toegang tot verdere nasionale ramphulp gelaat, na ‘n besluit deur die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize. Mkhize het besluit om nie die nasionale ramptoestand na dit op 13 Junie 2018 verstryk het, te hernu nie. Die droogtegeteisterde-gebiede bly nou grootliks van die hulp van hulporganisasies vir voer en die vervoer daarvan, afhanklik.

Stygende brandstofpryse en die onverwagse aankondiging op Dinsdag deur Statistieke SA dat Suid-Afrika nou in ‘n ekonomiese resessie is, skep verdere kommer oor die beskikbaarheid van hulp vir die landbousektor. Daar is ook kommer oor die voortdurende uitputting van natuurlike hulpbronne, insluitend veld en grondwater. Daar word beraam dat ongeveer 40% van die natuurlike weiding in die Noord-Kaap deur die droogte vernietig is.

“Ten spyte van die vele uitdagings wat die landbousektor tans ervaar, moet ons almal saamwerk om die langtermyn voedselsekerheid van Suid-Afrika te verseker,” sê Dan Kriek, Agri SA President. “As ‘n sektor, kan ons nie bekostig om ons fokus van die teenswoordige krisisse van die droogtegeteisterde gebiede weg te neem nie.”

Agri SA bedank die verskillende rolspelers, insluitend die regering, die verskillende kommoditeits- en korporatiewe-organisasies, hulporganisasies en Agri SA se provinsiale affiliasies vir hulle voortgesette hulp aan die landbougemeenskap tydens die huidige krisis.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nuy Wynkelder sprei hulle vlerke met Nuy Craft Gin

john deere

John Deere: Hoe meer stroperfunksies, hoe meer vreugde