in

Agri Gauteng skou stu opkomende landbou

Die Agri Gauteng span wat aan die stuur van die skousake gestaan het was Ayanda Ntshangase, sekretaresse; Willem Pretorius, president; Jacobus du Toit, hoof van grondhervorming, Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur AgriSA en Thinus van Zijl, HUB Agri Gauteng.

This post is also available in: English

Die bemagtiging van kleinboere is volgens beleidstellings een van die regering se belangrikste prioriteite en Agri Gauteng, as ‘n landbou-unie, werk kliphard daaraan om te help dat dit slaag. Agri Gauteng het onlangs ‘n baie suksesvolle skou met ‘n wye verskeidenheid aanbiedinge, noord van Pretoria op die Vleissentraal Onderstepoort-terrein gehou.

“So drie maande gelede het ons besluit om hierdie skou in die lewe te roep en opleiding in vark- en beesboerdery en waardetoevoeging te doen om beter vleis en gehalte te kry. Ons het vir SAMIC (South African Meat Industry Company) en PIC Genetics gekry om betrokke te raak. Ons het ook die Hoërkool Wagpos genooi om hulle vee te kom skou om vir die mense te kom wys wat ‘n behoorlike jeugskou is,” sê Thinus van Zijl, hoofuitvoerende beampte van Agri Gauteng.

Meer as 1 200 opkomende en kleinboere het opgedaag om te kom sien en leer en met die bedryf in kontak te kom. “Hierdie twee dae se landbouskou het drie fokusareas. Die skou bied toeganklikheid vir alle boere; ons skep geleenthede vir opleiding en inligting deel en derdens word verhoudings en netwerke gebou, sodat ons vir die wêreld kan wys dat landbou nie net ‘n ekonomiese drywer is nie, maar ook ‘n drywer van verhoudingsbou in die land,” sê Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA.

Hoërskool Wagpos buite Brits neem hulle diereskoue baie ernstig op. Die leerlinge is almal deel van die die Noordwes-Noord-span. Hulle het vir die skougangers gewys het hoe daar met ysere dissipline met diere gewerk word.

Rudi van der Westhuizen, uitvoerende direkteur van SAMIC wys hoe ‘n dorper se vetverspreiding moet lyk.

PIC Suid-Afrika bied uitstekende varkgenetika aan boere. Hulle het al die fynere punte van goeie varkboerdery bespreek. Die PIC-span by die skou was Sarah Jiyane, tegniese raadgewer vir opkomende boere; Alteli de Villiers, bemarking en bestuurder: tegniese- en genetiese dienste;  Mauritz de Villiers, tegniese raadgewer en Marguerite Schwarzer, bemarker, kommunikasie en tegniese dienste.

Theresa Fredericks is die uitvoerende direkteur van DW Fresh en die Subtropica-groep en Wendy Bishop is trustadministreerder. Theresa sê: As markagente wat al lank in die bedryf is kan ons uitgebreide dienste vir boere bied en waardevolle inligting en raad vir alle boere, klein en groot gee.”

SHEM bied opleiding vir ‘n wye verskeidenheid sektore en bedrywe en is by Setas en drie ISO-standaarde geregistreer. Denzil Fredericks is die besturende direkteur en Michelle Lombard is die kommunikasie en administrasiebestuurder

Kobus Venter en Nicolene Lloyd is direkteure van Vertical Farming. Hulle ondersoen nuwe maniere om hidroponiese boerdery meer toeganklik te maak. “Ons doen omgewingsbestuurlandbou. Ons omskep ‘n tradisionele boerdery in ‘n volhoubare boerdery en bou stelsels in behoueringskratte vir skole of kleineres vir huishoudings,” sê Kobus.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

john deere

John Deere: Hoe meer stroperfunksies, hoe meer vreugde

Valtrac stel bekend: Kuhn FB 3100-reeks rondebalers